Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Villa de Leeu

Langtermynverblyf-aanbod 25% af

Kry 25% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 10 Sep 2024 tot 10 Des 2024.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Leeu-weg 4195, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Vanaf R1 795 R1 346 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Villa de Leeu bied privaat, rustige en moderne verblyf in Marlothpark waar daar wild in die park vrylik rondloop. Dit is dus die perfekte wegbreek vir paartjies wat net 'n bietjie wil rus.

Die oopplan-kothuis het lugversorging en is geskik vir 2 gaste. Daar is 'n slaaparea, badkamer, kombuis en oopplan-leefarea. Die slaaparea het 'n koninggrootte-bed en die badkamer het 'n stort. Gratis WiFi is beskikbaar. Daar is 'n plonspoel vir warm somersdae.

Die ooplan-kombuis is met 'n oondjie, broodrooster, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die kombuis lei na 'n leefarea en dan na 'n onderdakstoep met 'n buitebraai en 'n plonspoel vanwaar gaste die wild kan bewonder.

Die Krokodilbrug, wat een van die Krugerwildtuin se hoofingange is, is naby die eiendom, asook Marlothpark se waterpark, putt putt-baan, 'n drankwinkel, restaurante, bakkery en 'n kuriowinkel.

Kamer-opset

Kapasiteit: 2 Aantal kamers: 1 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Badkamer
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 20 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
5.0
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Reinhardt Z
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Ongelooflike lekker huisie perfek vir twee. Sal vir seker weer hier kom woon!
Jun 2024
Yvonne S
Saam met lewensmaat
5.0
Sal weer gaan. Baie baie lekker plekkie. Lekker gerus.
Mrt 2024
Trevor S
Saam met lewensmaat
5.0
Awesome. It was a fantastic location and private. Will definitely rebook in the future.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2024
Deon J
Saam met lewensmaat
5.0
Die hele naweek was asemrowend, geen negatiewe komentaar van ons. Dit was absoluut fantasties, 'n onvergeetlike 30ste Huweliks Herdenking. Die gasvryh...
Sien meer
Jan 2024
Anneke G
Saam met lewensmaat
5.0
Bosveld Wittebrood. Ons het ons kuier by Villa de Leeu verskriklik geniet. Ek kan beslis die plekkie aanbeveel. Ek sal definitief weer hier bespreek.
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Kay Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 20

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Leeu-weg 4195, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Villa de Leeu het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 795
R1 795 R1 346
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 795
R1 795 R1 346
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Leeu-weg 4195, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf2bcff7638708626f0a7a20ee4c7788b090794bd3b91a831d1c0ae3528975b9e5561dcbfbf2a526cc521a55de045dff1ae37?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 795 nouVanaf R1 346 per nag (plek vir 2) 20 5 1 5 4195 Leeu Road Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-22:00 09:00 -25.35431 31.80222

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang