Villa Marie
12 gaste
6 slaapkamers
9 beds
4 badkamers
- 12 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - 10 Hooge Street, Zeerust, 2865, Noordwes Sien kaart
Beskrywing
Villa Marie bied gerieflike verblyf in Zeerust in 'n stil straat waar gaste in privaatheid kan ontspan. Dit is ideaal vir gaste wat na Botswana reis en is beskikbaar vir 2 dae of langer.
Dié huis is geskik vir 12 gaste en beskik oor 6 slaapkamers en 4 badkamers. Die hoofsuite het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad. Dié kamer het 'n privaat sitarea, 'n instapkas en 'n privaat stoep. Daar is nog 2 slaapkamers wat elk 'n koningingrootte-bed het is en die ander 3 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Die ander 3 badkamers het 'n bad, stort, wasbak en toilet.
Verder is daar 'n ruim sitarea met 'n ingeboude kroeg, 'n formele leefarea, eetkamer, studeerkamer en 'n kombuis. Gratis WiFi is beskikbaar. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, asook 'n toonbank met sitplek vir 6 toegerus. 'n Wasmasjien is beskikbaar in die aparte opwaskamer.
Buite is daar 'n lieflike stoep wat na die swembad en tuin lei en braaigeriewe insluit. Veilige onderdakparkeerplek en 2 toesluitmotorhuise is beskikbaar.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 10 Hooge Street, Zeerust, 2865, Noordwes
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
10 Hooge Street, Zeerust, 2865, Noordwes
Sien kaart- 12 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang