Villa Panorama

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Villa Panorama is op 'n kleinhoewe in Cove Rock in Oos-Londen geleë. Dit bied lieflike see-uitsigte en egte plattelandse rustigheid, stilte en natuurskoon, ideaal vir natuur- en voëlliefhebbers. Die area is veilig, die perseel omhein en daar is 'n elektriese hek met beheerde toegang.

Die Honeymoon House is 'n kothuis met 1 slaapkamer en slaapplek vir 3 gaste. Die ruim slaapkamer het 'n dubbelbed. Daar is 'n volledige badkamer met 'n stort en bad. Die kombuis is toegerus met 'n ketel, broodrooster, oond, mikrogolfoond, yskas, eetgerei en breekware. Die sitkamer het 'n rusbank wat kan oopvou en waarop 'n derde persoon kan slaap. Daar is ook 'n TV met 'n volledige DStv-pakket en onbeperkte WiFi. Die kothuis het 'n groot dek voor en 'n kleiner dek agter. Dit is ideaal vir 'n enkelreisiger of paartjie.

Die Tuinkamer is 'n losstaande kamer met 'n en suite-badkamer. Dit het sy eie ingang en is heeltemal privaat wat dit ideaal maak vir 'n sakereisiger of 'n paartjie wat 'n ruskansie soek. Daar is koffiemaakgeriewe, koekies, WiFi en TV met 'n volledige Top TV-pakket.

Panorama Petit is 'n alleenstaande woonstel met 2 slaapkamers, elkeen met 'n dubbelbed en 1 badkamer. Die eenheid het ook 'n sitkamer met 'n volledig toegeruste kombuis. Daar is 'n ekstra enkelbed in die sitkamer. Die eenheid spog ook met 'n dek buite met sitplek en 'n braai. Daar is 'n TV met volledige DStv. Die eenheid is troeteldiervriendelike met masiewe tuine waar jou honde kan rondhardloop.

Die kleinhoewe bied al die rus en vrede van die platteland met 'n oorvloed van voëllewe en enige natuurliefhebber sal baie tuis voel hier by ons met die ekstra bonus van beeldskone see-uitsigte.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa Panorama gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za