Villa Vista Bonita 63
Beskrywing
Villa Vista Bonita 63 is 'n selfsorg-villa in die Clarens Golf and Leisure Estate.
Villa Vista Bonita 63 het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, eetarea en leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n volle en suite-badkamer. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens en 'n volle en suite-badkamer.
Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolf en yskas-vrieskas. Die gesellige leefarea het 'n TV met DStv en 'n gaskaggel vir koue winteraande. Daar is ook buitemeubels en ingeboude braaigeriewe op die onderdakbalkon.
Gaste kan 'n potjie gholf op die uitstekende 18 putjie-gholfbaan kom speel, Berg Horeb klim, of rustig op die pragtige gholfbaan gaan stap. Kom geniet dan sommer 'n koppie koffie of iets sterker, saam met ietsie te ete, op die Klubhuis se stoep met sy pragtige uitsig op die berge. Die villa is minder as 10 minute se ry vanaf geriewe in die dorpie Clarens.
Lesotho is net 40 minute se ry ver en winter-ski is sowat 2 ure ver. 'n Daguitstappie na Lesotho is lekker in die somer én die winter, so gaste moet hulle paspoorte en volledige geboortesertifikate vir kinders jonger as 18 jaar saambring.
Slaapplek
'n Bespreking by Villa Vista Bonita 63 sluit in:
1 x Koningingrootte-bed
1 x Koningingrootte-bed
Kenmerke
- Afrikaans
- Braaiplek
- Veilige Parkering
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Vermaak
- Eksklusiewe DSTV
- TV
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Villa Vista Bonita 63 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |