Village d'Afrique

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Village d'Afrique bied luukse tentwonings en is op die Shakila Wildplaas tussen Modimolle en Bela-Bela geleë. Die eenhede is in privaat besit en is ideaal vir 'n intieme wegbreek. Die ontwerp en uitleg van die lodge komplementeer die natuurlike omgewing en die lieflike uitsigte, sonder om die ryk fauna en flora te steur.

Verblyf bestaan uit 4 luukse tente wat elkeen spesifiek gekies is om 'n egte bosveld-ervaring te verseker.

Al die nodige geriewe vir selfsorg is beskikbaar in die gemeenskaplike lapa. Daar is yskassies, ysmasjiene en 'n TV met volledige DStv. Die lodge spog met 'n randvloeiswembad, dekke van kiaathout, sonstoele en 'n vuurput/braai-area. Dit bied 'n heerlike vermaakarea met pragtige uitsigte waar gaste gerus 'n skemerkelkie kan geniet.

Village d'Afrique is 1 uur en 45 minute se ry van Johannesburg af in die malaria-vrye Waterberg geleë. Daar is hope dinge om te verken in die omgewing. Ons bied die ideale plek om van die gejaag van die alledaagse lewe te ontsnap en kwaliteittyd saam met vriende en familie te deurbring. Kom herlaai jou batterye en ontspan by Village d'Afrique!

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Village D'Afrique gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 700 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za