Visblik

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Visblik is 'n basiese gesinsstrandhuis met 'n fantastiese uitsig! Dit is net 50 m van die stand in Vleesbaai af.

Dié klein stranddorpie het net 1 winkeltjie sowat 1 km van die huis af waar jy jou noodvoorraad kan aankoop.

Die huis is nuut opgeknap en die vloer is gelig sodat die uitsig van oral in die huis geniet kan word. Daar is 2 slaapkamers met dubbelbeddens en 2 met enkelbedden om slaapplek aan 8 gaste in totaal te bied. Daar is 3 badkamers waarvan 1 en suite is. Slegs die storte is in gebruik weens voortslepende waterbeperkings.

Die kombuis en leefareas is oopplan. Die kombuis is ten volle toegerus en het 'n skottelgoedwasser.

Die stoep is die beste kuierplek in die huis en bied 'n fantastiese uitsig. Daar is vuurmaakplek binne die huis en 'n braai buite.

Vleesbaai is 'n bewaringsgebied vir die swarttobie, so ongelukkig word honde nie op die strand toegelaat nie.
Geen troeteldiere of rook word in die huis toegelaat nie.

Slaapplek

'n Bespreking by Visblik sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Visblik gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 150 per nag (vir 8 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]