Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Vlei Villa @ Belvidere Country Estate

Selfsorg
  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs Distrikspad D734, Belvidere Plaas, Karkloof, 3291, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 800 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Belvidere Country Estate is in die ongerepte Karkloofvallei op 'n plaas met 'n lieflike uitsig oor die Karkloof Reservaat en weivelde van die plaas geleë. Dit is ongeveer 24,6 km vanaf Howick en is ideaal vir gaste wat op soek is na rustige verblyf.

Vlei Villa @ Belvidere Country Estate is 'n moderne woonstel en bied slaapplek aan 4 gaste. Dit beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste deel 'n badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n toonbank met stoeltjies. Die kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike rusbanke en 'n kaggel. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die sitarea lei na 'n onderdakstoep met buitesitplek en 'n uitsig oor die mooi plaas. Dit is ideaal vir alfresco-etes en spog met 'n pizza-oond en braaigeriewe.

Die omgewing bied bergfietsroetes en 'n prentjiemooi berguitsig in die Middellande. Gaste sal saans hoor hoe die rooijakkals in die verte roep en soggens hoe die koeie die môre met 'n rustige gebulk toeroep.

Slaapplek

’n Bespreking by Vlei Villa @ Belvidere Country Estate sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • Bad
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Kaggel

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.6/5

Jennifer Geverifieer

Eiendomme 8

Resensies 60

Jaar gelys 4

Ligging

  • Langs Distrikspad D734, Belvidere Plaas, Karkloof, 3291, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs Distrikspad D734, Belvidere Plaas, Karkloof, 3291, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6a8bb394144579217b646aa8cbfec444be58d549c9e1a97dc963e9f593877e679fd3e4277db1f47e2b883875ac2ec6c66a73?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 800 per nag (plek vir 4) Off District Road D734 Belvidere Farm 3291 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.342453845249 30.310506820679
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem