Wagendrift Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Wagendrift Lodge is in die hartjie van die Karoo langs die Buffelsrivier geleë en bied alles wat die hele gesin kan geniet. Van 4x4-roetes, staproetes, bergfietsroetes en rotsklim tot wildkyktoere. Pragtige tuine met 'n verskeidenheid voëls omring die luukse kothuise en lodge.

Die Stone Lodge het 5 luukse slaapkamers elk met slaapplek vir 2 en 'n en suite-badkamer. Die lodge het 'n swembad, ten volle toegeruste kombuis, stoepbraai en 'n ingeboude kaggel. Die uitsig op die berge is ongelooflik! Snags kan jy die gordyne oop los om die sterrehemel te bewonder. Beddegoed, badhanddoeke en handwasseep word voorsien, bring asb. net jou eie swemhanddoek.

Die 3 identiese selfsorgkothuise is langs die plaashuis en kan elk 4 gaste akkommodeer. Elke kothuis het sy eie badkamer en braaigeriewe en kyk op die berg uit. Elke kothuis het sy eie veranda waar jy kan sit en ontspan, na die sonsondergang kan kyk en na die natuurgeluide kan sit en luister.

Buiten die verskeidenheid aktiwiteite soos voëlkyk, stap, bergklim en selfry-4x4-roetes het die plaas het ook sebras, kameelperde, ander wild en baie skaars flora. 'n Baie skaars spesie van die aalwyn, Haworthias Marxii wat onlangs deur Mr. Gerhard Marx ontdek en benoem is, kom hier voor.

Let asseblief daarop dat rook op die staproetes, kothuise of lodge-kamers verbode is, weens brandgevare.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Wagendrift Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za