Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Wagendrift Lodge

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Anita Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 64

Jaar gelys 9

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 64 resensies vir Wagendrift Lodge
Netheid
4.8/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.7/5
Daniel D - Des 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Daniel D
Gesin met klein kinders

Puik plaasatmosfeer en pragtige natuurskoon.

Lekker om te rus hier na 'n lang pad. Kan lekker braai en ontspan. Swemgeriewe was 'n aangename lafenis vir die Karoo-hitte. Lugversorging was ook welkom om lekker koel te kan slaap in die nag.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste Daniel

Baie dankie vir die terugvoering. Bly julle het die tydjie geniet - kom kuier gerus weer.
Groete
Anita

Wagendrift Lodge
Marius M - Des 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marius M
Gesin met tieners

Baie baie oulik.

Die hele ondervinding was baie lekker. Die pad deur Seweweekspoort verdien 'n besoek. De Wagensdrift het glad nie teleurgestel nie. Beste braaiplek.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste Marius
Baie dankie vir jul terugvoering. Bly julle het die tydjie geniet. Ja - Seweweekspoort is pragtig en baie gewild onder jonk en oud. Kom kuier gerus weer.
Groete
Anita

Wagendrift Lodge
Magda A - Des 2022
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Magda A
Saam met eggenoot / lewensmaat

Oornag op pad na Weskus. Mooi skoon gewees.

Mooi natuurskoon. Was baie stil en rustig.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Baie dankie Magda. Bly julle het dit geniet. Kom kuier gerus weer.
Geseënde Kersfees.
Groete
Anita

Wagendrift Lodge
Carin S - Aug 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Carin S
Saam met vriende

Pragtige plek, sal dit graag weer besoek.

Ons het ongelooflik lekker gebly, pragtige omgewing en netjiese verblyf.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste Carin

Baie dankie vir die terugvoering. Dit is vir ons belangrik dat gaste die ondervinding op die plaas moet geniet en dit help ongelooflik as mens terugvoering kry van gaste - ons wil graag verbeter waar ons kan.

Kom kuier enige tyd weer.

Groete
Anita

Wagendrift Lodge
Kobus N - Mei 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Kobus N
Saam met vriende

Stil en rustig.

Reeds die vierde keer wat ek daar bly en nog net so lekker soos die eerste keer.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste Kobus
Ek is so bly julle geniet dit op die plaas. Julle is altyd welkom.
Groete
Anita

Wagendrift Lodge
Brent O - Apr 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Brent O
Gesin met klein kinders

Brief stay, but very refreshing and peaceful.

We only stayed one night, to shorten the long road for the little ones, but enjoyed the stay very much. Absolutely beautiful place and surrounds.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Dear Brent. Thank you so much for your feedback. Very glad that you've enjoyed your short stay. Do come again ......for a bit longer next time. :-)

Regards
Anita

Wagendrift Lodge
David V - Jan 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
David V

A very comfortable stay.

Absolutely fantastic getaway - very remote and quiet with amazing views and scenery. No major issues apart from slightly low water pressure for the showers, but this was not a major issue. Overall an amazing time - would highly recommend to others.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Thank you for your wonderful feedback David. Glad you've enjoyed your stay. You are more than welcome to visit us again.
Regards,
Anita

Wagendrift Lodge
Derik F - Des 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Derik F
Gesin met tieners

Karoo-kuier op sy beste.

Pragtige ligging, weg van die hoofpad af en die allermooiste groen oase! Heerlikste stoep met ingeboude braai, lekker doringhout en fantastiese uitsig oor die berge! Swembad om af te koel en sommer net 'n lekker werkende plaasatmosfeer. En natuurlik die swembad. Hier kom "switch" jy af! Beslis nie moeite werd om van die N1 af te draai! Hoogs aanbeveel!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste Derik,

Baie baie dankie vir die terugvoering. Ek is baie bly julle het jul tyd op Wagendrift geniet. Kom kuier gerus weer.
Groete
Anita

Wagendrift Lodge
Brent C - Okt 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Brent C
Saam met vriende

Needed to escape from the rat race for a few days with basic facilities where nature and friendship activities was the order of the trip.

The facility met all of our requirements. We enjoyed the braaing, the 4x4 and the cycling. It was proper dry and spotting animals was sparse, but we at least got some sightings. The owner was very pleasant and we got to chat re the history of the area, which was great to learn.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Dear Brent
Thank you very much for your feedback. So glad you've enjoyed your stay. You are welcome to visit us again.
Regards
Anita

Wagendrift Lodge
Neels M - Sep 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Neels M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Die huisie is skoon, netjies, gerieflik en die diens is puik.

Rustige plaasatmosfeer waar mens veilig voel. Geen klagtes.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Baie dankie vir jul terugvoering. Waardeer alle terugvoering, want ons wil graag verbeter waar ons kan. Kom kuier gerus weer.

Wagendrift Lodge
Neels M - Jul 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Neels M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ons het baie lekker gekuier en veral die kaggel op die stoep baie geniet tydens die erge koue.

Ons is vriendelik ontvang en personeel was baie behulpsaam. Die huisie was skoon, netjies en volledig toegerus. Die 4x4-roete in die wildkamp was 'n belewenis met pragtige natuur, uitdagend, maar nie 'n karbreker nie. Badkamer bietjie beknop, maar die res maak daarvoor op.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste Neels, baie dankie vir die terugvoering en bly julle het dit geniet. Kom kuier enige tyd weer.
Groete,
Anita.

Wagendrift Lodge
Jhp S - Mei 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jhp S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlike rustigheid.

Die buite-kaggel/-braai verleen fantastiese atmosfeer.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Francois V - Mei 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Francois V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Waardevir geld. Baie rustig.

Baie mooi plek. Sal weer gaan.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste Francois,
So bly julle het dit geniet. Bring volgende keer jul vriende saam.
Groete
Anita

Wagendrift Lodge
Anita O - Apr 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Anita O
Saam met eggenoot / lewensmaat

Fantastiese plaasatmosfeer tussen berge!

Ons het op heen en weer reis na Kaap en terug by Wagendrift Lodge oorgeslaap en so heerlik ontspan. Die beddens slaap baie lekker en hul vuurmaakhout is onverbeterlik. Alles wat nodig is, is daar om 'n heerlike tyd te geniet.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

So bly julle het dit geniet. Kom kuier gerus weer. Dankie vir die terugvoering.
Groete
Anita

Wagendrift Lodge
Mariana V - Apr 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Mariana V
Gesin met klein kinders

Uniek.

Pragtige omgewing. Oulike uitleg, en heerlike kuierstoep.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste Mariana. Baie dankie vir jul terugvoering! Ek is bly julle het jul kuiertjie op die plaas geniet. Kom kuier gerus weer.
Groete
Anita

Wagendrift Lodge
Anita O - Apr 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Anita O
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ongelooflike omgewing, baie behulpsame personeel, uiters lekker ingerigte verblyf!

Jy sal altyd wil terugkeer na Wagendrift Lodge.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Baie dankie Anita. Lekker om sulke terugvoering te kry, ons probeer.
Groete
Anita

Wagendrift Lodge
Marene V - Apr 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marene V
Gesin met tieners

Pragtige ligging en salige wegbreek.

Die lodge by Wagendrift is ideaal vir 'n gesinskuier. Die ligging en fasiliteite is ideaal vir 'n lekker wegbreek. Hoogs aanbeveel!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste Marene. Baie dankie vir jul terugvoering! Ek is bly julle het jul kuier op die plaas geniet. Kom kuier gerus weer.

Groete
Anita

Wagendrift Lodge
Charmaine V - Jan 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Charmaine V

Heerlike Karoo-vrede!

Ons is baie vriendelik deur die personeel ontvang. Jammer ons kon nie langer bly nie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Kom kuier gerus weer Charmaine.
Anita

Wagendrift Lodge
Jp D - Des 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jp D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Tranquil and relaxing.

Our kind of stay. We loved the outdoor living space. Remember to pack your own coffee, tea, etc.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Thank you Lalie. Glad you've enjoyed your stay. Do come again.
Anita

Wagendrift Lodge
Kobus N - Des 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Kobus N
Saam met vriende

Baie lekker.

Huisvesting is besonder lekker en goed uitgelê. Alles wat nodig is is daar.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste Kobus. Baie dankie vir jul terugvoering. Ek is bly julle het dit geniet. Kom kuier gerus weer.
Anita

Wagendrift Lodge
Aletta B - Jan 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Aletta B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Pragtige plek om te oornag. Ons wou nie ry nie! Ons kon heerlik sit en ontspan op die stoep, daar is 'n ingeboude braai as jy 'n vleisie wil braai of net 'n lekker kaggel wil maak. Die vriendelike ontvangs van Christina en hulp met in- en aflaai van Hans laat jou nog meer welkom voel. Sal vir seker weer hier oorslaap!

Ons het heerlik geslaap. Wonderlike skoon beddegoed gemaklik en rustige nag beleef. Het veilig gevoel. Al die nodige breekgoed wat ons benodig het, was beskikbaar. Het 'n heerlike ontbyt gemaak voor ons weer in die pad geval het. Was regtig 'n oasis in ons roete af Kaap toe.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste Aletta. Baie dankie vir die positiewe terugvoering. Dit is gerusstellend om te hoor as die geriewe voldoende is.
Kom kuier gerus wees.
Windermaande is net so lekker voor die kaggel met 'n heerlike leesboek.
Lekker dag,
Groete,
Anita

Wagendrift Lodge
Melani B - Jan 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Melani B
Gesin met tieners

Netjies en skoon. Spasie is baie goed benut.

Ons was baie tevrede met die verblyf. Pragtige omgewing. Groot plaasdam waarin die kinders kon swem.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste Melani, baie dankie vir die terugvoering.
Ja, die sement plaasdam vir die cottages se gaste gedurende die somer maande, is vir sommige gaste 'n aardigheid en vir sommige gaste nie aangenaam. Gedurende die stiller maande kan die cottages se gaste egter by die lodge kamers gedeelte by die swembad gaan swem as daar nie gaste is nie, maar gelukkig het julle die plaasdam geniet. Dit word elke jaar vir hoogseisoen reggemaak vir die cottages se gaste sodat almal darem kan afkoel as dit so bitter warm is.
Kom kuier gerus weer.
Groete
Anita

Wagendrift Lodge
Monique L - Des 2019
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Monique L
Gesin met tieners

Oasis in droë Karoo.

Die lodge lyk nie soos op foto nie. Ek was oortuig daar is 'n swembad, maar was nie. Die area gaan gebuk onder geweldige droogte en ons was maar skepties om so ver te ry, maar toe by die lodge gekom waar baie werk gedoen word om dit mooi te laat lyk en voel. Die eenheid het 'n lugversorger gehad en dit was 'n blessing. Ons was alleen daarso, maar personeel was baie vriendelik en behulpsaam en gesorg ons het alles wat ons nodig het.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste Monique, baie dankie vir jul terugvoering. Ek hoop julle het dit geniet en dat julle weer sal kom kuier. Ek is so bly as die gaste terugvoering gee, want dan kry mens goeie persepsie wat die onderskeie gaste se gevoel was en verbeter ons graag waar ons kan op terugvoering soos van gaste ontvang.

Graag sou ek die misverstand uit die weg wou ruim re die swembad. Julle was in cottage Duiker bespreek en nie in een van die 5 lodge kamers nie. Dit is wel stapafstand van die 3 cottages, maar mens kan dit nie sien van die cottages af nie - die lodge area is geleë agter 'n koppie. Twee groot geboue langs mekaar met baie groot stoepe met onderdak braai langs die swembad.

Die webtuiste het die lodge area se foto op hul website as eerste foto wat mens sien, maar daar is baie ander fotos - moet egter in die gallery van die site ingaan om dit te kan sien. Wys jou net hoe belangrik terugvoering van gaste is.

Jammer dat dit julle onder 'n verkeerde indruk gebring het.

Groete
Anita

Wagendrift Lodge
Derick S - Des 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Derick S
Gesin met tieners

Verrassende oase in die middel van die Karoo.

Ons was goed ontvang en die eenheid was pynlik netjies. Privaat en die kuier en braaiplek was perfek.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste Derick,
Baie dankie vir die mooi terugvoering. Kom kuier gerus weer.
Groete
Anita

Wagendrift Lodge
Kenneth R - Des 2019
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Kenneth R
Gesin met tieners

Peace and quiet. Staff very friendly. Place was clean.

We enjoyed our stay. The place was very neat and clean.

Hierdie resensie word in sy oorspronklike taal gewys.
Vertaal na Afrikaans.

Rustig en stil. Personeel baie vriendelik. Plek was skoon.

Ons het ons verblyf geniet. Die plek is baie netjies en skoon.

Hierdie resensie is vertaal.
Sien oorspronklike in English.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Dear Kenneth, Thank you for your feedback. Glad you've enjoyed your stay. More than welcome to visit us again.
Regards
Anita

Wagendrift Lodge
Kobus S - Nov 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Kobus S
Gesin met tieners

Ongelooflik.

Na 'n lang reis kom ons by Wagendrift Lodge aan om te oornag en weer krag te kry vir die res van die pad. En alreeds toe ons Laingsburg verlaat het ons besef dit was die regte oornagbestemming. Asemrowend mooi. Ons is begroet met absolute vriendelikheid en natuurskoon. Afgekoel in die swembad en die aand rustig by die goed toegeruste huisie oornag. Vir seker aanbeveelbaar.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste Kobus. So bly julle het dit geniet. Kom kuier gerus weer.
Groete
Anita

Wagendrift Lodge
Callie R - Nov 2019
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Callie R

Verfrissend.

Wagendrift is 'n oase in 'n dor, tog pragtige area waar amper niks groei alvorens jy daar land.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste Callie,
Baie dankie vir jul terugvoering. Waardeer die mooi woorde, ja die aarde in die omgewing is so dankbaar en geduldig. Ek leer so baie daaruit. Kom kuier weer. Hopelik het die reëndruppels dan al geval, ons wag geduldig.
Groete
Anita

Wagendrift Lodge
Stix D - Okt 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Stix D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Wagendrift Lodge, 'n weggesteekte juweel.

Ons het al baie verby die lodge gery in die verlede, min wetend van die unieke plek, baie naby aan die afdraaipad. So bly ons het hier aangedoen. Die rustige plaasgevoel met die mooi uitsigte op die berge is alles waarvoor jy kan vra. Die eenhede se uitleg is baie goed beplan, wat die buite kuier en braai soveel lekkerder maak. Die personeel was baie vriendelik en behulpsaam. Hout en ys is beskikbaar. Ons kan Wagendrift met 'n oop gemoed aanbeveel.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste Stix,

Bitter baie dankie vir die pragtige terugvoering. Ons waardeer dit opreg en regtig bly julle het jul tydjie op die plaas geniet. Kom kuier asb gerus weer.

Groete,
Anita

Wagendrift Lodge
Delete D - Sep 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Delete D
Saam met vriende

Pragtige, netjiese blyplek.

Die lodge is baie netjies en het alles wat nodig is. Kamers en badkamers is skoon. Ligging is baie mooi en swembad baie welkom.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste Kobus

Baie dankie vir die terugvoering.

Ek is baie bly julle het dit geniet. Kom kuier gerus weer.

Groete
Anita

Wagendrift Lodge
Jacques D - Aug 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jacques D
Gesin met klein kinders

Baie lekker plek.

Well done aan Anita en Lou. Dis n 'gem' in die middel van die Karoo. Sal net volgende keer langer bly.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Baie dankie Jacques, so bly julle het dit geniet. Kom kuier gerus weer.
Groete,
Anita

Wagendrift Lodge
Elmien T - Jul 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elmien T
Saam met vriende

Die plek is asemrowend.

Die huisies is goed toegerus met 'n baie lekker kuierstoep! Uitsig op die berge en diere geluide laat mens vergeet van die stad se gewoel!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste Elmiel,
Baie dankie vir jul terugvoering. Ek is bly julle kon bietjie vergeet van die stad se gewoel en dat julle lekker gebly het.
Kom kuier gerus weer.
Groete,
Anita

Wagendrift Lodge
Larene B - Jun 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Larene B
Gesin met klein kinders

Ongelooflike rustige plek.

Definitief aan te beveel. So mooi.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste Larene,
Baie dankie vir jul terugvoering. Ek is so bly julle het dit geniet. Kom kuier gerus weer.
Groete
Anita

Wagendrift Lodge
Thia D - Jun 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Thia D
Gesin met tieners

Asemrowende omgewing met baie rustigheid om jouself te herlaai.

Baie netjies, ten volle toegeruste eenheid. Stoep met vuurmaakplek is wenner. Uitsig oor berge en plaaslewe rustigheid was net wat mens nodig het. Sal enige tyd weer terugkeer.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste Petrus

Baie dankie vir die mooi terugvoering. Ek is bly julle het dit op die plaas geniet. Sal julle graag weer op Wagendrift ontvang.

Groete
Anita

Wagendrift Lodge
Frikkie E - Jun 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Frikkie E
Gesin met tieners

Baie lekker gekuier en die stilte is 'n bonus.

Baie netjies en skoon - hoog aan te beveel.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste Frikkie

Baie dankie vir die mooi terugvoering en baie bly julle het dit geniet. Kom maak gerus weer 'n draai.

Groete
Anita

Wagendrift Lodge
Dalene E - Apr 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Dalene E
Saam met eggenoot / lewensmaat

Prentjiemooi.

Wat 'n pragtige plekkie met die mooiste uitsig oor die berge. Kothuis baie netjies en skoon met al die nodige benodighede. Sal plek beslis aanbeveel.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Baie dankie Dalene. Bly julle het dit geniet. Kom kuier gerus weer.

Groete
Anita

Wagendrift Lodge
Kobus S - Apr 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Kobus S
Saam met vriende

Bosveldplaas-ervaring in die hartjie van die Karoo; baie uniek.

Baie netjiese eenheid, goed uitgerus. 'n Onverwagte, aangename bosveld gevoel met lekker bergfiets paaie (op die plaas en rondom). Wees net bewus dat slegs slaap-area binnenshuis is in die eenhede. Die leef-area en kombuis is buite onderdak en kan waarskynlik koud word in winter.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste Kobus.

Baie dankie vir jul positiewe terugvoering, alle terugvoering word opreg waardeer. Wil graag verbeter waar ons kan. Kom kuier gerus weer.

Groete
Anita

Wagendrift Lodge
Loma G - Des 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Loma G
Saam met eggenoot / lewensmaat

Rustig, gerieflik en veilig, sal beslis weer daar oorbly.

Selfsorgplekkies is goed ingerig, lieflike braai-area, personeel uiters behulpsaam, ys en hout beskikbaar. Gerieflik geleë op 'n werkende plaas.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste Loma. Baie dankie vir jul terugvoering. Ek is bly julle het jul verblyf op Wagendrift geniet. Kom kuier gerus wees.

Groete,
Anita

Wagendrift Lodge
Annelize H - Des 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Annelize H
Gesin met tieners

Supernetjiese, pragtige verblyf op ongerepte Karooplaas.

Baie vriendelike ontvangs, kothuis toegerus met alles wat mens nodig het. Fantastiese uitsig en heerlik stil. Wat 'n juweel!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste Annelize. Baie dankie vir die terugvoering, dit word waardeer. Ek is bly julle het die plaas geniet, kom kuier gerus weer.
Groete
Anita

Wagendrift Lodge
Ilke M - Des 2018
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
1/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
4/5
Ilke M
Gesin met klein kinders

Self-catering in order.

Lodge, look-out and animals perfect. Kids were entertained the entire evening. However some electrics not functioning, no manager or owner on arrival. Welcomed by very friendly cleaning lady who was awaken by our arrival and tried her best.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Dear IIke. Thank you very much for your feedback. All feedback we appreciate. Sorry for any inconvenience re the electrics not functioning, this is a first and I will investigate into this matter as I was not aware of this and the guests who stayed the very next day had no problem with any electrics. Yes, unfortunately, we do not have a need for a separate reception office on the farm as all our bookings are done via e-mail as well as payments. We make use of satellite phone, reception in the area not good enough for credit card payments or computer equipment, not stable enough.

Therefore specific check in and check out times on our Terms and Conditions and special arrangements that need to be done for late arrivals so that the personnel on the farm knows who will be arriving late. Therefore also very sorry for this awaken situation. We as owners unfortunately do not live on the farm and are only on the farm every weekend and during some weekdays. This has been working for us since 2014 and do understand that not all of the quests are used to no formal reception.

Thus again, sorry for any inconvenience.

Regards,
Anita - owner

Wagendrift Lodge
Callie D - Des 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Callie D
Gesin met klein kinders

Perfekte plek vir 'n vakansiebestemming!

Heerlik en rustige plaasomgewing.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste Callie.
Baie dankie vir jul terugvoering. Ek is bly julle het dit geniet. Kom kuier gerus weer.
Groete
Anita

Wagendrift Lodge
Liza M - Aug 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Liza M
Gesin met tieners

Rustig.

Dit was heerlik by Wagendrift. Rustig. Fantastiese plek om te ontspan.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste Liza. Baie dankie vir die terugvoering. Ek is bly julle kon lekker ontspan. Kom kuier weer.
Groete
Anita

Wagendrift Lodge
Annarie E - Aug 2018
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Annarie E
Saam met vriende

Stil, gerieflik.

Goed toegeruste akkommodasie. Baie gemaklik kuierarea. Lekker 4x4-roete!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste Roland
Baie dankie vir jul boodskap en terugvoering, ek waardeer dit. Ek is baie bly julle het dit op Wagendrift geniet. Ja, die rustigheid geval baie mense, veral die feit dat daar nie selfoonsein is nie. Kom kuier gerus weer.
Groete
Anita

Wagendrift Lodge
Theresa L - Aug 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Theresa L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Totale wegbreek van die stadsgeluide, in pragtige skoon en goed toegeruste huisie, met vriendelike ontvangs.

Groot fout om net een nag by Wagendrift te bly, nie genoeg tyd om te gaan stap, fietsry en sommer net rustig te lees. Vriendelike ontvangs, alles was perfek by ons huisie. Ons vuur het tot laatnag/vroegoggend gebrand, en 'n bonus was dat ons stoksielalleen, behalwe vir die personeel, hier was. Ons kom beslis weer terug!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste Theresa
Baie dankie vir jul boodskap, ek is so bly julle het dit op Wagendrift geniet. Dit is so lekker om te hoor as mense die rustigheid en die buitelewe van die plaaslewe geniet het. Kom kuier asseblief weer. Gedurende die wintermaande is dit perfek om in die veld te gaan stap. Ons hoop julle het die staproete geniet.
Groete
Anita

Wagendrift Lodge
Annie R - Jan 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Annie R
Saam met eggenoot / lewensmaat

Wens ons kon langer bly!

Pragtige omgewing en vriendelike mense. Als wat jy kan nodig hê vir 'n wonderlike breek uit die stad.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste Annelie.
Baie dankie vir die positiewe terugvoering, ons waardeer dit.
Ek is regtig bly julle het jul tydjie op Wagendrift geniet.
Kom kuier gerus weer.
Wagendrift Groete
Anita

Wagendrift Lodge
Riaan B - Jan 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Riaan B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Rustig en skoon. Sal gerus weer kom kuier, die keer vir langer.

Skoon geriewe en vriendelike personeel. Ons sal gerus in die toekoms weer kom kuier, maar dan bring ons die hele familie saam.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste Riaan.
Baie dankie vir die positiewe terugvoering en ons sal julle graag weer ontvang op Wagendrift, die hele familie.
Ek waardeer alle terugvoering, goed of sleg, want wil graag verbeter waar moontlik.
Wagendrift Groete
Anita

Wagendrift Lodge
Joke D - Des 2017
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Joke D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Lafenis vir siel in hartjie van Karoo.

Heerlike rustige verblyf. As jy ware Karoo rustigheid en stilte wil beleef is dit ie plek om te wees. Sitkamer en kombuis is oop op stoep. Fantasties!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste Joke

Baie dankie vir jul terugvoering ons waardeer dit opreg.
Ons is bly julle het jul tydjie op Wagendrift geniet.

Kom kuier asb weer.
Groete
Anita

Wagendrift Lodge
David G - Des 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
David G
Gesin met klein kinders

Was aangenaam, vriendelike ontvangs.

Goeie waarde for geld. Sal definitief aanbeveel en weer besoek.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste David

Baie dankie vir jul terugvoering. Ek is bly julle het jul tydjie op Wagendrift geniet.
Gaste se terugvoering, goed of sleg, is baie waardevol, aangesien ek graag wil verbeter waar moontlik.

Kom kuier gerus weer.
Wagendrift Groete
Anita

Wagendrift Lodge
Daleen S - Des 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Daleen S

'n Belewing en ongelooflike natuurskoon.

Met ons aankoms was ons vriendelik verwelkom. Daar is 'n lekker plaasdam om in af te koel en die verblyf was puik.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste Daleen.
Baie dankie vir die positiewe terugvoering. Ek waardeer dit so baie as mense terugvoering gee, goed of sleg, want wil graag verbeter waar ek kan.
Kom kuier gerus weer.
Wagendrift Groete
Anita

Wagendrift Lodge
Danie V - Des 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Danie V
Gesin met tieners

Asemrowend, iets anders.

Dankie dat julle julle "stukkie hemel" aan Suid-Afrika beskikbaar stel. Dit is 'n moet beleef! Uiters skoon, netjies, gerieflik, ruim. As selfsorg-eenheid, sal ons vir seker iets meer as 'n eenplaatstoof aanbeveel.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste Danie,
Baie dankie vir jul terugvoering. Ek is bly julle het dit geniet en baie danke vir die terugvoering spesifiek rakende die 1-plaat stofie situasie. Ek neem kennis hiervan en sal defnitief dan nog 'n snappy chef plaat vir elke cottage bykry. Ek waardeer so die terugvoering van gaste, want sou graag wou verbeter waar nodig.
Groete,
Anita

Wagendrift Lodge
Henry A - Okt 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Henry A
Saam met eggenoot / lewensmaat

Bevredigend.

Koffie of tee sou lekker wees in die oggend.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste Henry. Baie dankie vir jou terugvoering - waardeer. Ek is net so lief vir my koffetjie in die oggend, baie jammer dat ek dit nie kan voorsien nie. Ek het dit al probeer, maar dan "verdwyn" my voorraad oornag of uit die eenhede en geen mens weet dan wat daarvan geword het nie, veral die suiker. Veiliger as ek niks voorsien nie en gaste self saambring om teleurstelling te voorkom.
Jammer daaroor.
Kom kuier gerus weer.

Groete,
Anita

Wagendrift Lodge
Relda V - Aug 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Relda V
Gesin met klein kinders

Perfekte stukkie hemel op aarde!

Die ligging is perfek, huisies is netjies, het baie lekker gekuier, en lekker ontspan! Die personeel is baie vriendelik en behulpsaam. Baie dankie vir die perfekte stukkie hemel op aarde!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste Relda. Baie dankie vir die terugvoering, ek waardeer dit. Ek is baie bly julle het dit op Wagendrift geniet. Kom kuier gerus weer.

Groete
Anita

Wagendrift Lodge
Jannie D - Jul 2017
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Jannie D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Wat 'n pragtige plaas! Mooi tuine - alles pragtig met uitstekende instandhouding!

Ongelukkig het 'n hobbel of twee opgedoem. Met ons aankoms was daar 'n uiters slegte reuk teenwoordig in die badkamer, komende van die wasbak afloop pyp, met die prop toe was die probleem tydelik opgelos. Ons het een van die werkers (daar was geen ander persone) gevra om hout aan te koop met die belofte dat dit sal kom, dit het nooit gebeur nie. Die aand rondom nege uur het die water opgedroog en eers die oggend weer geloop, slegte ervaring sonder water! Verdere navraag (weereens by die werkers) het getoon dat die opgaar tenk leeg geloop het.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste Jannie, baie dankie vir jou terugvoering. Dit is vir my baie belangrik dat ek terugvoering kry van gaste as ek nie self teenwoordig op die plaas is nie. Die water en hout situasie is onaanvaarbaar. Ek is verskriklik jammer dat jy hierdie ervaring gehad het. Die persoon verantwoordelik vir die hout en water het net nie hul werk gedoen nie - ek het geen ander verduideliking hiervoor nie. Baie baie jammer.

Wat die slegte reuk aan betref - ons badkamers se waters se toevoere gaan onderskeidelik na 'n septic tenk en ander ondergrondse dreinering (die "skoon" water). Die slegte reuk deur 'n wasbak en stort opening gebeur soms, maar baie selde. Dit word gewoonlik veroorsaak as daar te min watervloei plaasvind en sodra daar weer water deurvloei, verdwyn die reuk - jammer ook hieroor.

Jannie - ek weet nie of jy ooit sal belangstel om terug te kom Wagendrift toe nie, maar indien jy wel sou belangstel, laat weet my asb. Ek sal jou nag se verblyf vir jou kostevry gee. Jy moet my dan asb net herinner aan hierdie situasie.

Weereens baie dankie vir die terugvoering - ek is baie gesteld op dit en voel ek skaam vir dit wat jy ervaar het, maar sal ek dit wel tot die beste van my vermoë uitsorteer om te voorkom dat dit weer gebeur.

Groete,
Anita

Wagendrift Lodge
Lise S - Jul 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lise S
Saam met vriende

Fantastiese wegbreek in Karoo!

Fantastiese wegbreek op die plaas in die Karoo. Gaan definitief weer terug!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste Lise.

Baie dankie vir jou terugvoering. Ek is bly julle ervaring op Wagendrift was positief dit sal heerlik wees om julle weer te ontvang.

Groete
Anita

Wagendrift Lodge
Marietha S - Mrt 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Marietha S
Saam met eggenoot / lewensmaat

'n Verrassing in die middel van nêrens.

Gesellige, goed toegeruste kothuisie, vriendelike personeel en 'n groen tuin in die middel van die Karoo. Die stilte was 'n heerlikheid en geen selfoon-ontvangs bring vrede. So bly ons het julle ontdek.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste Marietha. Vreeslik baie dankie vir jou terugvoering. Ek is baie bly julle het dit geniet. Kom kuier gerus weer.
Groete
Anita

Wagendrift Lodge
Coen O - Feb 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Coen O
Saam met eggenoot / lewensmaat

Die lodge is baie mooi en goed ingerig.

Baie mooi plek en omgewing, al was dit baie droog. Uitstekende kliëntediens.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste Coen.
Baie dankie vir die terugvoering. Ek is baie bly julle het dit geniet en dat julle tevrede was. Kom kuier gerus weer.
Groete
Anita

Wagendrift Lodge
Werner V - Des 2016
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Werner V
Gesin met tieners

Dit was ongelooflik.

Dit was 'n ongelooflike ondervinding, so rustig tussen die berge en die plek is goed toegerus alles wat jy nodig het .

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste Werner. Baie dankie vir die terugvoering. Ek is vreeslik bly julle het dit geniet. Kom kuier gerus weer. Anita

Wagendrift Lodge
Monique D - Nov 2016
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Monique D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ons sal verseker daar kan rus, pragtige, gesellige plek omring deur die mooiste natuurskoon. Ons het dit baie geniet!

'n Plek waar jou siel die stilte indrink, waar jou batterye herlaai word! Mal oor die stilte en die mooi natuurskoon.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste Petri en Monique. Ek is baie bly julle het dit geniet. Baie dankie vir die mooi terugvoering. Kom kuier gerus weer.
Groete
Anita

Wagendrift Lodge
Nicola L - Aug 2016
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Nicola L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Dit was vreeslik lekker om net die rustigheid te beleef.

Ons wou net vinnig wegbreek van die stad en die Karoo is een van ons gunsteling bestemmings. My kêrel wou al met sy motorfiets-groep hier stop en ons het dit sommer uitgetoets. Dit was vrek lekker en ek kan dit werklik aanbeveel. Dis rustig, netjies, voldoen aan al jou behoeftes en ek moet sê, die mense is vreeslik vriendelik.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Ons hier by Wagendrift Lodge is so bly julle het julle kuier by ons geniet, maak sommer gou weer so. Lekker naweek.

Wagendrift Lodge
Malie V - Mei 2016
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Malie V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Vir die persoon wat hou van afsondering.

Nie heeltemal wat ons verwag het nie omdat ons net die foto van gastehuis gesien het, nie van huisies nie. Netjies, maar badkamer kort baie opgradering.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Dankie vir die die terugvoering. Ons sien alle terugvoering goed of sleg, as opbouend en is terugvoering vir ons baie belangrik om aandag te gee aan dit wat moontlik is. Daar is wel fotos van ons cottages op ons website. Jammer dat Malie van Wyngaard dit nie gesien het nie. Ek is jammer dat die badkamer nie geskik was vir die gaste nie en neem kennis hiervan.

Dankie

Groete
Anita

Wagendrift Lodge
Herman C - Mrt 2016
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Herman C
Gesin met klein kinders

Rustig en beeldskoon.

Wat 'n juweel tussen die berge. Rustig en pragtig. Ons sal definitief terug wees.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste Herman. Baie dankie vir die terugvoering. Ek is bly julle het dit geniet. Kom kuier gerus weer. Groete, Anita.

Wagendrift Lodge
Frederi S - Sep 2015
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Frederi S
Gesin met tieners

Wonderlike ervaring.

Gaan definitief weer hier bly.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste Frederi. Baie dankie vir die terugvoering. Ek is bly julle het dit geniet. Kom kuier gerus weer. Groete Anita

Wagendrift Lodge
Barry H - Jun 2015
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Barry H
Saam met eggenoot / lewensmaat

Fantasties!

Wat 'n baie lekker juweel in die Karoo! Ek het toevallig die plek op Google Maps gekry toe ek 'n roete beplan na Oudtshoorn, was baie aangenaam verras met die skoonheid, omgewing en baie vriendelike vrou wat ons ontvang het. Ek kan die plek verseker aanbeveel vir enige iemand en ons beplan reeds om weer n draai te gaan maak hier met al ons vriende. Kamers was skoon, plek is baie netjies!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Beste Barry.

Baie dankie vir die mooi terugvoering, dit word waardeer. Kom kuier gerus weer. Groete Anita

Wagendrift Lodge
Liezl V - Mei 2015
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Liezl V
Gesin met klein kinders

Rustige, pragtige verblyf.

Die pad na die lodge is asemrowend. Die huisie waarin ons gebly het het alles gehad wat ons sou nodig hê. En die aand was daar sielskos met net die kaggel, stilte en sterre. Ons het so salig geslaap. Sal beslis weer daar oornag op pad Kaapstad toe.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Hi Liezl. Hoop alles wel jul kant. Net vir info. Ons 1 cottage is klaar opgegradeer. Die ander 2 cottages sal begin 2017 klaar wees. Hoop jy hou daarvan. Dit is 'n wesentlike verskil vandat julle laas daar was. Groete, Anita

Wagendrift Lodge
Vicky C - Mei 2015
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Vicky C
Gesin met klein kinders

Lieflike wegbreek!

Lieflike plaas met pragtige uitsigte en ligging. Die kothuise kan egter bietjie opgradeer word, maar sal dit verseker aanbeveel.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Wagendrift Lodge se terugvoer

Hi Vicky. Hoop dit gaan goed met julle. Net vir info. Gaan loer na ons nuwe cottage solank. Dit is klaar opgegradeer. Die ander 2 cottages sal klaar wees begin 2017 en sal eers dan ons website met nuwe fotos van ons cottages. Dit is 'n wesentlike verskil - hoop jy hou daarvan. Groete, Anita

Wagendrift Lodge
Vanaf
R1 300
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R1 300
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R323, Wagendrift Lodge, 30 km vanaf Laingsburg, 6900, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA11dc702e17c98a104f5571d1a8d9d5e56ff68cecb404b3dc2ffc92ec4c7f09bf14d9a38a52e4b5f9ee334a8361b89955dea7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag (plek vir 4) 64 5 1 5 Off the R323 Wagendrift Lodge 6900 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.379826 20.942497
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem