Walkersons Trout and Nature Haven W108
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Santa-weg, Eenheid W111 en W108 Walkersons Privaat landgoed, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R3 530 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Walkersons Trout and Nature Haven W108 bied selfsorgverblyf in die Walkersons Privaat landgoed in die Lunsklipvallei, net 10 km buite Dullstroom. Die landgoed spog met opwindende forelhengelgeleenthede, asemrowende uitsigte, asook voetslaan- en fietsryroetes.
Let dat konstruksiewerk tans op die erf langsaan plaasvind. Die erf is afgesper en die terrein is veilig. Die kontrakteurs hou by normale werksure en is nie oor naweke op die perseel nie.
Hierdie ruim huis beskik oor 3 en suite-slaapkamers en het slaapplek vir 6 volwassenes en 4 kinders. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die tweede en derde slaapkamers het elk 'n dubbelbed en 'n kinderbed. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die leefarea het 'n dubbelslaapbank vir 2 kinders.
Die kombuis is met 'n yskas, stoof, oond, mikrogolfoond en 'n ketel toegerus. Die oopplan-leefarea het 'n kaggel, gemaklike sitarea en 'n eetarea. 'n Privaat stoep met gas- en houtskoolbraaigeriewe is beskikbaar. Daar is veilige parkeerplek in 'n toesluitmotorhuis.
Die landgoed het 24 uur-sekuriteit vir toegangsbeheer en gereelde sekuriteitspatrollies gedurende die dag en nag. Boonop is daar in elke huis 'n alarmstelsel wat aan die sekuriteitspan gekoppel is.
Gaste kan op 'n vang-en-vrylaat-basis forelhengel op die landgoed. Daar is 11 damme wat wemel van bruin- en reënboogforelle, ideaal vir kunsvlieghengelaars.
Slaapplek
’n Bespreking by Walkersons Trout and Nature Haven W108 sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Spa-behandelinge
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Forelhengel
- Fietsry
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
5/5
Elresa Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 2
Resensies 1
Op LekkeSlaap 11 maande
Ligging
- Santa-weg, Eenheid W111 en W108 Walkersons Privaat landgoed, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
- Gaste dink Walkersons Trout and Nature Haven W108 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Highlands Meander Mpumalanga
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Santa-weg, Eenheid W111 en W108 Walkersons Privaat landgoed, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom