Waterhouse in Waterkloof Ridge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Waterhouse in Waterkloof Ridge bied veilige, gerieflike selfsorgverblyf met moderne luukshede en kunstige flair in een van Pretoria se mooiste buurte.

Verblyf is beskikbaar in een- tot vierslaapkamer-eenhede met selfsorggeriewe wat geskik is vir kort- en langtermynverblyf. Elke eenheid het 'n sitkamer, eetarea, 'n volledig toegeruste kombuis en 'n privaat stoep. Die eenhede is smaakvol versier om 'n huislike atmosfeer te skep en is toegerus met DStv en WiFi. Wit linne en handdoeke word voorsien en die kamers word daagliks skoongemaak. Die kompleks het 24/7-sekuriteit (ADT), veilige parkeerplek, 'n wasgoeddiens is beskikbaar en daar is welige tuine en 'n gemeenskaplike swembad.

Waterkloof Ridge is 'n weelderige woonbuurt naby aan ambassades, restaurante, winkelsentrums soos Menlyn Park, Monument Park en Brooklyn Mall, Waterkloof Lugmagbasis, Waterkloof Gholfklub, Hoërskool Waterkloof en Kloof Hospital. Waterkloof Ridge is ook naby aan die N1-afrit, net 17 minute se ry vanaf Pretoria se stadskern en 45 minute van O.R. Tambo Internasionale Lughawe af.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Waterhouse In Waterkloof Ridge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za