Vrystaat Akkommodasie by Waterval Gasteplaas | LekkeSlaap
+13

Waterval Gasteplaas

7 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Waterval Gasteplaas, Steynsrus, 9515, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R500 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Waterval Gasteplaas bied ongekunstelde vakansie-akkommodasie aan die oewer van die Valsrivier. Ons is 'n werkende plaas naby Kroonstad in die Vrystaat.

Daar is 3 selfsorg-chalets. Ons het chalets met en suite-badkamers en dan 2 aparte badkamer-rondawels en 'n kombuisarea. Gaste kan ontspan in die groot lapa met 'n kroegarea of by die boma buite. Die chalets is volledig toegerus om jou eie maaltye voor te berei.

Van die doendinge op die plaas sluit visvang en voëlkyk in, en saans kan jy die sonsondergang bewonder met 'n skemerkelkie in die hand. Die plaas het 'n ouwêreldse bekoring aangesien daar geen elektrisiteit is nie.

Bring asseblief eie handdoeke saam. Vuurmaakhout kan voorsien word.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

3.9 uit 5van 7 resensies vir Waterval Gasteplaas
Netheid
3.9/5
Diens
3.3/5
Ligging
3.7/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
4.1/5

Ligging

  • Waterval Gasteplaas, Steynsrus, 9515, Vrystaat
  • Gaste dink Waterval Gasteplaas het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Vrystaat
Vanaf R500
per nag (plek vir 5)
Vanaf R500
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Waterval Gasteplaas, Steynsrus, 9515, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDZhNjU3MmRlLTE1ZTYtNDMwNy05ZGYwLTIyNjY5ZDJmNTE3Nw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R500  per nag (plek vir 5) 7 5 1 4 Waterval Gasteplaas Steynsrus 9515 Vrystaat 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -27.777430336572 27.607929110527
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za