Waterways

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 33 % af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Geldig vanaf 26 Apr 2019 tot 30 Sep 2019.

Beskrywing

Waterways het 'n pragtige uitsig oor die meer en die berge vanaf die patio reg teen die waterkant. Dit het 3 moderne selfsorgwoonstelle elk met sy eie ingang.

Twee van die eenhede het ten volle toegeruste kombuise en die ekonomiese woonstel het 'n gedeeltelike kombuisgeriewe. Elke woonstel het 'n en suite-badkamer met 'n stort en daar is ook 'n TV in elke woonstel. Alle linne, handdoeke, breekware en eetgerei word voorsien. Die hoofwoonstel teen die waterkant het sy eie stoep met 'n tafel, stoele, sonbeddens, 'n braai en 'n pragtige uitsig. Die sakpaswoonstel het 'n patio vir sit, sonbaai en braai. Die woonstelle weg van die water kan met die hoofwoonstel skakel, perfek vir familie en vriende.

DStv is beskikbaar op versoek. Rook is verbode.

Waterways is reeds vir 22 jaar in werking. Waterways het parkeerplek van die straat af en Marina Da Gama het 'n algemene sekuriteitstelsel. By Waterways kan jy 'n ontspanne vakansie geniet terwyl jy gebruik maak van die trapbootjie en die kano. Vir diegene wat graag stap, is Marina Da Gama met sy eie eiland en voëlskuiling vir ywerige voëlkykers ideaal vir 'n stappie saans.

Marina Da Gama is ideaal geleë enkele minute van historiese huise en baie ontspanningsareas af soos die Constantia Vallei Wynroete, Silwermyn Natuurreservaat, strande waar jy branderplank-lesse kan neem, gholf by die nabygeleë Westlake, Steenberg of Clovelly. Dit is 20-30 minute van die middestad en die V&A Waterfront, Kaappunt, pikkewynkolonie by Boulders-strand en die Stellenbosch Wynroetes af.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Reisigerstjeks
  •  Kontant

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Waterways gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R580 R387 per nag (plek vir 2)

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Geldig vanaf 26 Apr 2019 tot 30 Sep 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za