LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Wedgewood | LekkeSlaap
+33

Wedgewood

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sun Valley-laan 1, Constania, Kaapstad, 7806, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 600 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Wedgewood is in die gegoede voorstad Constantia tussen baie wynplase en besienswaardighede geleë. Die huis en kothuis is ideaal vir 'n groot gesin en vorm die perfekte basis vanwaar jy die Suidelike Voorstede en Moederstad kan verken. Beide Wedgewood House en Wedgewood Cottage staan op die een perseel.

Die kothuis het slaapplek vir 2 mense op 'n koningingrootte-bed. Daar is 'n volledig toegeruste kombuis, volledige DStv en 'n pragtige, privaat tuin. Die huis het slaapplek vir 8 in 1 en suite-slaapkamer en 3 kleiner kamers wat 2 aparte badkamers deel. Daar is ook 'n ruim leefarea met 2 sitareas en 'n volledig toegeruste kombuis. Die hoofhuis het 'n onderdak-terras wat oopmaak op die groot tuin met pragtige glasdeure wat gemaklik die binnekant en buitekant van die huis skakel.

Die groot grasperke is perfek vir kinders of diegene wat net die luisterryke groen van die tuin wil geniet. Wedgewood het oorgenoeg parkeerplek in 'n veilige oprit en daar is volledige sekuriteitstelsels in plek. Ons is na aan baie van die bekende bergwandelpaaie en net 'n kort motorrit van Houtbaai en Kirstenbosch Tuine af. Constantia Village Inkopiesentrum is net in die straat af en daar is ook baie plaaslike restaurante in die omgewing.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Ligging

  • Sun Valley-laan 1, Constania, Kaapstad, 7806, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 600
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 600
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sun Valley-laan 1, Constania, Kaapstad, 7806, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDMyMzk2ODExLWI2NzMtNGIzOS1iZDNmLTkwYWE5YjEzZmQ1MA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 600  per nag (plek vir 2) 1 Sun Valley Avenue Constantia 7806 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.00649089152 18.434096706676
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!