LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Welgelegen Manor | LekkeSlaap
+37

Welgelegen Manor

B&B
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Balfour Pad R51/R550, Balfour, 2410, Mpumalanga
  • Geen kinders onder 14
  • Vanaf R4 400 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Welgelegen Manor is trots daarop om 5-ster-verblyf in 'n luukse plattelandse huis in Balfour, Mpumalanga te bied. Dis net 'n uur se ry van Johannesburg af. Dit is in die hartjie van die Cosmos-platteland, suid-oos van Johannesburg en is ideaal vir 'n wegbreek in die platteland. Welgelegen Manor bied 19de-eeuse betowering, maar moderne luuksheid.

Welgelegen Manor voorsien die perfekte naweekwegbreek, met die geriewe van 'n 5-ster-lodge en fynproewer-kookkuns ingesluit by jou verblyf. Dit is suid-oos van Suikerbosrand-natuurreservaat geleë, net 'n entjie van die R23 af wat afdraai vanaf die N3 noord van Heidelberg en na Mpumalanga lei. Die omgewing rondom Balfour bestaan meestal uit plase, wildplase en bosveld.

Kontemporêre gerief en tydlose glas word soomloos vervleg in hierdie historiese herehuis wat getrou bly aan sy Engelse herkoms. Elke suite is grasieus en bied gerief en uitsigte oor die terrasse, swembad en roostuine wat pragtig uitgelê is. Die badkamer is ruim en kombineer styl en funksionaliteit. Die 4 suites in die herehuis is baie ruim en het 'n uitsig oor die swembad en die roostuin, en die 4 eenhede in die perdekarhuisies bied 2 suites op die boonste vlak en 2 tuin-suites met ingange vanuit die binnehof met sy roostuin.

Bruide wat op soek is na 'n trouplek naby Johannesburg kan maar ophou soek. Welgelegen het puik venue-opsies. Die groot tuine en herehuis is ideaal vir glanstroues of vir intieme seremonies. Ons pragtige kamers, uitstekende diens en voortreflike kookkuns help natuurlik ook om jou spesiale geleentheid onvergeetlik te maak. Welgelegen Manor is ook uitgeknip vir wittebroodpaartjies en paartjies wat op soek is na 'n nuwe begin, maar nie die tyd of geld het om oorsee te gaan.

Ons bied professionele, aanpasbare en persoonlike troues en funksies. Klein romantiese troues, spesiale verjaardae, herdenkings of groot feeste, noem maar op, ons sal jou help om jou droomgeleentheid waar te maak.

Welgelegen Manor bied 'n konferensieplek met 'n verskil naby Johannesburg: 'n inspirerende bestemming, bekroonde diens, aandag aan detail en akkommodasie uit die boonste rakke. Hou jou volgende konferensie hier en wees verseker van flatervrye, produktiewe en onvergeetlike geleentheid.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • DVD-speler
  • Internet
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Ligging

  • Balfour Pad R51/R550, Balfour, 2410, Mpumalanga
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Mpumalanga
Vanaf R4 400
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R4 400
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Balfour Pad R51/R550, Balfour, 2410, Mpumalanga
  • Geen kinders onder 14
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGJjYzJlZDZhLTdhMTQtNDI5My1iOGVmLTNhMDBkNWE4NzZiNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R4 400  per nag (vir 2 persone) Balfour Road R51/R550 Balfour 2410 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-23:00 10:00 -26.625121 28.613119
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!