West Coast Luxury Tents

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 33 % af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Geldig vanaf 31 Mei 2019 tot 31 Aug 2019.

Beskrywing

West Coast Luxury Tents is in Elandsbaai op 'n privaat seefront-plaas geleë met geen toegang vir die publiek. Daar is ook 'n 400 m lange privaat landingstrook op die plaas. Klein vliegtuie kan hiervan gebruik maak, mits dit vooraf gereël word. 'n 4x4-voertuig word aanbeveel om die instansie te bereik.

Verblyf beskik oor 3 luukse tente, elk met privaat en suite-badkamers. Die tente is elkeen ten volle toegerus met 'n kombuisie met 'n yskas, stoof en kookgerei, en 'n privaat braaiplek. Elke tent het slaapplek vir 2 gaste. Daar is 2 tente met dubbelbeddens en die derde tent het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens in 'n kleiner tent langsaan wat 'n badkamer met die hooftent deel.

Die tente is in 'n bos agter 'n sandduin geleë en net 500 m vanaf die 40 km lange ongerepte strand. Die strand is ook met 'n 4x4 bereikbaar.

Die plaas is halfpad tussen Dwarskersbos en Elandsbaai, en ook naby die Verloren Vlei-area wat bekend is vir sy volop voëllewe. Daar is 'n hele klomp Swarttobie-broeipare met hulle nessies op die strand gedurende die somermaande. Elandsbaai is ook bekend vir die kreef wat volop is gedurende die kreefseisoen.

Die strand spog met die pragtigste sonsondergange oor die Atlantiese Oseaan wat elke aand meer skouspelagtig as die vorige een is.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na West Coast Luxury Tents gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 R733 per nag (vir 2 mense)

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Geldig vanaf 31 Mei 2019 tot 31 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]