@Wild Game Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

@Wild Game Lodge is 'n rustige, aardse selfsorg-wegbreekplekkie op 'n 200 ha wildplaas 3 km van die N12 af, en net 35 km vanaf Klerksdorp. Die selfsorg-eenheid is ideaal vir toeriste en gaste wat die buitelewe geniet. Die lodge is naby verskeie trou-venues soos Bona-Bona en Grootbosch en dus gerieflik geleë vir alternatiewe akkommodasie.

Die eenheid het 2 slaapkamers en kan 7 gaste in totaal akkommodeer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed met 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer bo het 3 enkelbeddens wat lei na 'n dek buite wat oor die plaas uitkyk. Die tweede badkamer is 'n aparte privaat badkamer met 'n bad en stort. Op die onderste verdieping is 'n ruim oopplan-sitkamer met 'n dubbelslaapbank en 'n volledig toegeruste kombuis. Die sitkamer maak oop op die onderdakstoep met gemaklike rusbanke, 'n tafel met 6 sitplekke en gasbraaigeriewe. Die buite-area het 'n pragtige swembad met 'n houtdek waar gaste die asemrowende bosveld-omgewing kan geniet, sowel as 'n oopvuur-boma.

Die eenheid het onderdakparkeerplek vir 2 motors en word daagliks skoongemaak. Doendinge by die lodge sluit wildritte, bergfietsry, baarsvang (vang en vrylaat) en voëlkyk in. Jy kan die Afrika-bosveld op sy beste ervaar met leeus en meer as 12 spesies van vlaktewild insluitend: swartwitpense, rooibokke, kameelperde, waterbokke, rooihartebeeste, swart- en blouwildebeeste, springbokke, gemsbokke, sebras, volstruise, elande, blesbokke, ens.

Gaste kan op wildritte met hulle eie voertuie gaan aangesien 90% van die paaie toeganklik is vir 'n normale sedan en al die paaie toeganklik is vir 'n 2x4-bakkie. Teen 'n addisionele koste is wildkyktoere in 'n oop wildkykvoertuig beskikbaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Kamer daagliks skoongemaak

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Kaggel

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na @Wild Game Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 485 per nag (vir 7 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za