Windsor House
8 gaste
4 slaapkamers
4 beds
3 badkamers
- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 11 Eagles Avenue, Blue Crane Village, Dullstroom, 1110, Mpumalanga Sien kaart
Beskrywing
Windsor House is 'n bekoorlike selfsorg-vakansiehuis in die hartjie van Dullstroom, Mpumalanga. Dit is perfek vir 'n gesellige gesinsvakansie in hierdie rustige vakansiedorp.
Dié ruim huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers, 'n kombuis en 2 leefareas. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die ander 3 slaapkamers het 'n koningingrootte-bed. Die vierde slaapkamer se en suite-badkamer en die derde badkamer het elk 'n stort, toilet en 'n wasbak. Twee slaapkamers is op die boonste verdieping op die solderarea met 'n sitkamerstel en 'n platskerm-TV. Die ander twee slaapkamers is op die onderste verdieping.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, broodrooster, basiese eetgerei en breekware, asook koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Die opwaskamer het 'n skottelgoedwasser. Daar is 'n etenstafel met stoele en die leefarea het 'n sitkamerstel en 'n kaggel. Die stoep het buitemeubels en 'n buitebraai-area en met 'n uitsig oor die tuin. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 11 Eagles Avenue, Blue Crane Village, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
11 Eagles Avenue, Blue Crane Village, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
Sien kaart- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang