Zebra Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Zebra Guest House is het sy deure in 2004 in Ellisras/Lephalale oopgemaak en is sentraal geleë naby myne, die Medupi- en Matimba-kragstasies en die sakekern. 'n Gholfklub, swembad, sportklub, mall, 2 winkelsentrums, restaurante en ander geriewe is stapafstand van die gastehuis af.

Verblyf word gebied in dubbelkamers of kamers met 2 enkelbeddens. Al die kamers het en suite-badkamers met storte en toilette, asook privaat ingange. Elke kamer het 'n TV met sekere DStv-kanale, lugversorging of plafonwaaier, yskas, mikrogolf en ketel.

'n Kontinentale ontbyt word in die eetkamer bedien. Middagete-pakkies, aandete en drankies is ook op versoek beskikbaar.

Die eet- en sitkamer is uitgebrei om 'n kuierarea te skep. Zebra Guest House het ook 'n lapa met braaigeriewe en veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Daar is 'n wasgoeddiens op versoek beskikbaar en gaste het toegang tot ADSL-internet. Konferensiegeriewe is ook beskikbaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Wildkyk

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Skoonheidskliniek
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Televisie

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Zebra Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R770 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za