Zimbali 4-Bedroom Iconic Holiday Home
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tinderwood-sirkelpad, Zimbali Golf and Coastal Estate, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R7 800 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Zimbali 4-Bedroom Iconic Holiday Home is 'n dubbelverdieping-selfsorgvilla in die Zimbali Golf and Coastal Estate. Dit is 'n luukse juweel versteek tussen die pragtige groen landskap en die Indiese Oseaan. Die argitektuur is 'n meesterstuk en sal enigeen beïndruk. Die uitstekende ontwerp en gebruik van glas laat lig, die natuur en die hemelruim toe om deel uit te maak van hierdie vakansiehuis.
Op die onderste verdieping is die lieflike oopplan-kombuis en -sitarea. Dit is die perfekte plek vir 'n gesin om saam te ontspan. Diegene wat hou van kosmaak sal die elegante en stylvolle kombuis geniet.
Die terras spog met 'n skitterende, blou swembad en asemrowende uitsigte. Die groot sitarea op die terras is ideaal vir 'n lekker middagbraai. Saans kan gaste heerlik saam met vriende en familie kuier by die vuurput.
Die huis beskik oor 4 pragtige en unieke slaapkamers en badkamers wat elk lieflike uitsigte oor die see bied. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n die en suite-badkamer het 'n oopplan-uitleg en 'n bad en stort. Hierdie kamer is pragtig, ruim en gesofistikeerd met asemrowende see-uitsigte. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die vierde slaapkamer het 'n tripelstapelbed met 'n dubbelbed onder en 'n enkelbed bo. Hierdie kamer het 'n en suite-badkamer met 'n oopplan-uitleg en 'n stort.
Die huis het ook 'n hysbak vir maklike toegang tot beide die onderste en boonste verdiepings.
Zimbali word gereken as Suid-Afrika se vernaamste kus-, residensiële- en oord-ontwikkeling. Dit is in die noordelike deel van KwaZulu-Natal en is 370 hektaar groot met die enorme Indiese Oseaan aan die een kant en 'n luisterryke en toweragtige woud aan die ander kant. Gaste kan lang ente op die sagte, goue sandstrande langs die warm seewater gaan stap.
Slaapplek
’n Bespreking by Zimbali 4-Bedroom Iconic Holiday Home sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.3/5
Dillon Geverifieer
Eiendomme 70
Resensies 188
Jaar gelys 4
Ligging
- Tinderwood-sirkelpad, Zimbali Golf and Coastal Estate, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Dolfynkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tinderwood-sirkelpad, Zimbali Golf and Coastal Estate, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom