Salt Rock Akkommodasie by Zuider Zee | LekkeSlaap
+54

Zuider Zee

Gastehuis
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 55 Fairway Rylaan, , Ballito, 4391, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R750 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Zuider Zee Gastehuis bied gerieflike en bekostigbare privaat en suite-gastekamers, B&B-verblyf en 2 selfsorg-houthutte in 'n luisterryke, rustige tuin met lieflike uitsigte oor die vallei onder dit en die see in die verte. Ons is net 600 m van die hoofstrand van Salt Rock af en na aan alle geriewe.

Al ons eenhede het 'n kraakvars gevoel en hul eie individuele styl en dekor, privaat ingange, patio's en braaigeriewe. Elke eenheid beskik ook oor 'n TV en koffie- en teemaakgeriewe. Die eenhede word daagliks skoongemaak en voorsien van vars linne en handdoeke. Daar is veilige parkeerplek op die perseel en 'n swembad in die lieflike tuin. Daar is ook 'n WiFi-kuberkol. Ontbyt (of 'n ontbytpakkie) is beskikbaar op versoek van Maandag tot Vrydag. Of jy nou hier is vir sake of plesier, 'n wittebrood of 'n welverdiende blaaskans, by ons sal jy 'n hartlike en ontspanne atmosfeer te alle tye aantref.

Ons is geleë aan die oostelike kus van Suid-Afrika waar jy die Dolfynkus sal vind, dit is 'n lieflike kusstrook met strande en 'n panorama van wuiwende suikerrietplantasies wat strek van die malaria-vrye Noordkus van KwaZulu-Natal tot by Umhlanga Rocks in die suide en die Amitikulu-rivier in die noorde. Dit bied 'n kulturele hutspot van diverse kulture, ryk geskiedenis en luisterryke subtropiese plantegroei met warm weer die heeljaar deur wat dit 'n perfekte vakansie-bestemming maak vir beide plaaslike en internasionale reisigers. Die King Shaka Internasionale Lughawe is ook net 15 km ver, wat Salt Rock 'n gerieflike sake-stopplek maak of ideale bestemming om daardie perfekte vakansie te begin of eindig.

Salt Rock is net 5 km noord van Ballito, met uitstekende inkopie-, vermaak- en restaurant-geriewe. Dit is ook net 'n halfuur se ry van Durban af wat Suid-Afrika se voorste vakansie- en konferensie-mekka is met al sy kosmopolitiese diversiteit. Ons is ook na aan verskeie natuurlike en geskiedkundige besienswaardighede van onder andere die "Zulu Koninkryk", 'n waarlike kaleidoskoop van kleurvolle ontdekkings en Afrika-ervarings!

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 84 resensies vir Zuider Zee
Netheid
4.7/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • 55 Fairway Rylaan, , Ballito, 4391, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Zuider Zee het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R750
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R750
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 55 Fairway Rylaan, , Ballito, 4391, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDliODkxNzBkLTRjMDgtNDgzNi1iMjViLWZmMmM3YTdlNjYwZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R750  per nag (vir 2 persone) 84 5 1 5 55 Fairway Drive Salt Rock 4391 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -29.502179492271 31.233090162277
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za