Addo Elephant Park Akkommodasie by Zuurberg Mountain Village | LekkeSlaap
+22

Zuurberg Mountain Village

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: R335, Zuurberg-pas, Addo, 6105, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 536 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Zuurberg Mountain Village bied 'n historiese atmosfeer hoog in die Zuurberge. Dit is 'n rustige, unieke toevlugsoord in die berge en sluit 160 hektaar inheemse plantegroei en luisterryke uitsigte oor die Addo-olifantpark in.

Hierdie historiese hotel is 150 jaar oud en net 'n uur se ry van Port Elizabeth af. Gaste wat by ons aanklop word bederf met die elegante atmosfeer van 'n vervloë era. 5 van ons 9 kamers is gesin-suites. Elke kamer is toegerus met 'n kroegie, privaat stoep met wonderskone uitsigte en 'n volledige badkamer met stort en bad. Die kamers is gerieflik geleë naby die sitkamer, eet-areas en die swembad en sal jou noop om jou besige roetine te laat staan en jouself te verloor in die skoonheid van die omgewing.

Oordeelkundige reisigers kan gerus een van ons Edwardiaanse kothuise bespreek. Die kothuise se ligging bied pragtige uitsigte oor die berge en die vallei. Elke kothuis het 2 privaat stoepe (een aan die westekant en een aan die oostekant) waarop gaste kan ontspan en hulself verlustig in die sonsopkomste en -ondergange. Zuurberg Village maak net voorsiening vir volwassenes en is toegerus met swarthoutvloere, klimaatbeheer, ondervloerse verhitting, 'n losstaande bad en 'n binne- en buitestort (warm en koud).

Klop aan by Zuurberg Mountain Village vir 'n paar dae en ervaar 'n tradisie van puik gasvryheid. Die Addo Nasionale Olifantpark omring die hotel en bied fantastiese perdry- en staproetes (daar is roetes vir almal: van beginners tot hardebaarde). Bergsebras, elande, koedoes, bosbokke, duikers, rooihartbeeste en ander endemiese wild kan hier besigtig word. Die voëllewe is ook pragtig: hou jou oë oop vir die bosmusikante en Knysna loeries (om maar 'n paar te noem). Gaan kyk gerus ook vir die renosters by die Darlingtondam na 'n rowwe rit in jou 4x4. Die Addo-olifantpark en Zuurberge bevat van die laaste stukkies ongerepte rivierwoud en bergfynbos in die streek.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Swembad
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 5 resensies vir Zuurberg Mountain Village
Netheid
4.4/5
Diens
4.2/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • R335, Zuurberg-pas, Addo, 6105, Oos-Kaap
  • Gaste dink Zuurberg Mountain Village het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Addo Elephant Park Oos-Kaap
Vanaf R1 536
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 536
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: R335, Zuurberg-pas, Addo, 6105, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDU5ZmJkODZkLTE4OWMtNDIyZi1hZThjLWYwODZmNGM3MTM2Nw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 536  per nag (vir 2 persone) 5 5 1 5 R335 Zuurberg Pass 6105 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 11:00 -33.350883342365 25.745666027069
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za