Skrywer: Adriëtte le Roux
Adriëtte is 'n ou siel. Haar vriende en familie lê haar naby die hart. Sy kan nie verby 'n hond of kat loop sonder om 'n geselsie aan te knoop nie. Verf en kook is net twee van verskeie stokperdjies en sy werk graag in die tuin tot die sterre uitkom. Na 'n kort rukkie in die onderwys en die uitgewerswese het sy by die span aangesluit sodat sy meer kreatief kon wees en omdat sy daarvan hou om plaaslik te reis. As taalliefhebber glo sy dat jy altyd 'n lelike ding op 'n mooi manier kan sê en dat elke persoon wat ons ontmoet vir ons iets kan leer ─ as ons net die moeite doen om te vra.

As die stilte roep: Afgeleë Karoo-blyplekke
“Die Karoo is nie vir almal nie.” Só sê my swaer wat hier boer op ’n plaas so groot soos ’n dorp, maar so stil en heilig soos ’n gebed vir reën. En hy is reg ─ die Karoo se groot ooptes is gestroop tot net die basiese. Dit gee egter vir jou en jou […]
14 Oktober 2020

Wynplaas wonderlik! Bly tussen die wingerde
Almal klink ’n glasie ─ ons mag weer wynlandgoedere besoek! Maar hoekom net na die wynstreek ry om wyn te proe? Saal sommer vir ’n paar dae daar af, verken die area en geniet ’n uitsig oor die wingerd, terwyl jy rustig op die stoep aan jou plaaslike gunsteling sit en teug. Hier is LekkeSlaap […]
1 September 2020

Besonderse blomme van Suid-Afrika: ’n lysie vir beginners
Van fynbos, die wêreld se mees diverse blommeryk, tot Namakwaland se knalhelder blomkombers, en van suikerbekkies wat rondom die aalwyn se vlamblomme tango tot die onopvallende vygie wat skielik, ná genoeg reën, vol satynagtige neonblommetjies ontplof ─ Suid-Afrika het baie om op trots te wees as dit by ons blommeprag kom! So, sit jou blombrille […]
5 Augustus 2020

Koffiebaai: Kom ruik die Wildekus se aroma
Net sodat jy weet, daar is baie meer koeie as koffiewinkels in Koffiebaai. Só het ek met my eerste besoek aan dié Oos-Kaapse dorpie, eintlik meer ’n klein, plattelandse nedersetting aan die Wildekus met ’n paar restaurante, ’n spaza-winkel, ’n pragtige strand en hope natuurskoon, geleer. Dis soos ’n paradys van lowergroen heuwels, kuswoude en […]
8 Julie 2020

Seesand en sjampanje: 11 knus kushotelle
Lus vir die loslit-luukse atmosfeer van ’n kushotel? Dink net, binne word jy op die hande gedra deur personeel wat wéét hoe, daar is sjokoladetjies op jou kussing en ’n hotelkroeg met ’n knetterende kaggelvuur, en buite lei ’n houthekkie jou tot op die strand en is daar ’n plekkie om die seesand van jou […]
1 Julie 2020

Uniondale: Dorp van grassnyers en spookryers
Uniondale het ’n diep waardering vir grassnyers by my aangewakker. Jy het reg gelees, nie vir spoke nie maar vir grassnyers, alhoewel Rico Claassen, toerismebeampte van dié dorpie op die N9 waar Roete 62 en die Tuinroete in ’n pragtige dans van vrugteplase en berge bymekaarkom, my en Hestè meedeel dat 99% van mense wat […]
10 Junie 2020

SA se skouspelagtige watervalle
Asof Suid-Afrika nie reeds tot oorlopens toe vol natuurskatte is nie, wys ons land ook graag hóé ‘oorlopend’ dit is in die vorm van pragtige watervalle wat oor verskeie van ons kranse druis en bruis. Laat LekkeSlaap jou van hierdie valle vertel en leer hoe jy by elkeen uitkom.
12 Mei 2020

Die storie van die Uilhuis op Nieu-Bethesda
Die Uilhuis is sekerlik die Karoo se bekendste tuismuseum, maar dit is ook ’n eienaardige kunswerk ─ ’n hele huis en werf as uitdrukking van een vrou se binnewêreld, soos ’n hart met al sy lig en donker oopgevlek vir reisigers om deur te loop. Dít maak ’n besoek aan Helen Martins se huis op […]
28 April 2020








