Kategorie: In die kollig

Blyplekke langs riviere en damme in die Wes-Kaap
Soek jy verblyf in die Wes-Kaap met ’n pragtige uitsig oor die water? Om langs ’n rivier of ’n dam uit te span, is een van die mees ontspannende maniere om vakansie te hou. Van selfsorgkothuise tot privaat lodges bied hierdie blyplekke langs die water die perfekte kombinasie van gerief, natuur en avontuur, en dis […]
1 Desember 2025

Aktiwiteite in Durban teen R100 of minder
Met Durban se son wat amper heeljaar skyn, is daar geen verskoning om nie die huis te verlaat en die omgewing te verken nie. Of jy nou ’n toeris met ’n redelike reisbegroting is of ’n plaaslike inwoner wat daardie sente twee keer omdraai, ons gids wys jou die beste doendinge in Durban sonder dat […]
28 Oktober 2025

’n Lekke lentenaweek: Topbestemmings buite Kaapstad, Johannesburg en Durban
Lente in Suid-Afrika is die perfekte tyd om ’n naweektas te pak, die vensters af te draai en die pad vir ’n vinnige wegbreek te vat. Die bloeisels begin kopuitsteek, die lug is vars en die son wat ’n bietjie warmer skyn herinner dat die somer om die draai is. Of jy nou in Kaapstad, […]
2 Oktober 2025

Bobaasboswegbreke: 7 pragtige verblyfopsies in Marlothpark
Jeuk jou voete om uit die Goudstad se gewoel te ontsnap en werklik te ontspan? Dan is dit tyd om Marlothpark in te vaar. Dit is die perfekte plek om die vars bosveldlug in te asem en jouself in die natuur te verdiep. Hierdie unieke vakansiedorp is ’n wildreservaat waar diere vrylik rondloop en dit […]
21 Augustus 2025

Gewilde roetereise in SA
Is jy gereed om jou kantoorstoel vir ’n motorsitplek en jou doenlysie vir ’n emmerskoplysie te verruil? Suid-Afrika is die tuiste van beeldskone bestemmings en niks klop die oop langpad met afgedraaide vensters en die reuk van avontuur in die lug nie. Kuslynkurwes, Karoo-stof en berge so majestueus dat hulle jou sal laat stilhou net […]
31 Julie 2025

6 van ons gunsteling-glanskampplekke in Mpumalanga
Smag jy na ’n wegbreek in die natuur, maar is nie lus vir die moeite om jou eie tent op te slaan nie? Moenie verder bekommer nie! LekkeSlaap het die beste glanskampplekke in Mpumalanga bymekaargemaak waar jou volgende vakansie so moeiteloos en onvergeetlik moontlik sal wees. Mbizane Escarpment Retreat Schoemanskloof Kom ervaar die ongelooflike natuurskoon […]
25 Junie 2025

Wilde wonders: Besoek dié wildreservate en nasionale parke
Soos die somer stilletjies verdwyn en die lug buite ’n bietjie begin byt, word die herfs- en winterseisoen een van die beste tye vir ’n wildkykwegbreek in Suid-Afrika. Omdat die weer meer matig is, toeriste iewers anders die son gaan soek en die sigbaarheid in die bos verbeter, is dit baie makliker om wild raak […]
26 Mei 2025

Gesinsvriendelike plaaswegbreke
Is jy op soek na ’n wegbreek waar die enigste verkeersknoop plaasdiere en ’n paar boomstompe is? Dan is hierdie bekoorlike plaasverblyf perfek vir jou! Van bessiepluk tot prentjiemooi geluk, LekkeSlaap het plaasblyplekke vir paartjies, gesinne en selfs jou viervoetvriende. Dassenheuwel Farm Stay Malmesbury Dassenheuwel Farm Stay is in die hartjie van die Swartland geleë […]
25 April 2025








