Skrywer: Dominique Fuchs
Dominique is ’n ware foodie en is mal daaroor om restaurante en wynplase te besoek. Bak, kook en om nuwe resepte uit te toets, is van haar gunsteling-aktiwiteite. Sy is ’n fliekliefhebber en op haar gelukkigste by die see met ’n leesboek byderhand.

Maak herinneringe in Margate: Die topverblyf vir jou
Daar is ’n rede hoekom die Suidkus so ’n spesiale plekkie in vakansiegangers se harte het. Hierdie deel van KwaZulu-Natal staan ook as die Hibiskuskus bekend en is vir heerlike subtropiese weer regdeur die jaar en die warm waters van die Indiese Oseaan bekend. Margate is al sedert die 1920’s ’n geliefde vakansiebestemming met Blouvlagstrande […]
10 April 2026

Bobaasboswegbreke: 7 pragtige verblyfopsies in Marlothpark
Jeuk jou voete om uit die Goudstad se gedruis te ontsnap en werklik te ontspan? Dan is dit tyd om Marlothpark in te vaar. Dit is die perfekte plek om die vars bosveldlug in te asem en jouself in die natuur te verdiep. Hierdie unieke vakansiedorp is ’n wildreservaat waar wildspesies vrylik rondloop en dit […]
24 Maart 2026

Die beste verblyf in Johannesburg: Vir sakereisigers tot vakansiegangers
Suid-Afrika se geliefde Jozi is vir die ryk geskiedenis en lewendige atmosfeer bekend. Ons het die perfekte verblyf vir jou volgende reis na Johannesburg, hetsy jy op soek is na ’n selfsorgwoonstel in Sandton of ’n troeteldiervriendelike wegbreek in Krugersdorp. Hoekom Johannesburg? Johannesburg is ’n besige stad waar alles vinnig gebeur, maar tog is daar […]
27 Februarie 2026

Bly in die Moederstad: ’n Gids tot Kaapstad se mooiste buurte
Die pragtige Moederstad lok elke jaar besoekers van reg oor die wêreld. Kaapstad bied werklik iets vir almal met haar ongelooflike natuurskoon, Blouvlagstrande, wêreldklas-restaurante en topklas-wynplase. Ons het ’n lysie met die beste verblyf in dié ikoniese stad bymekaargemaak om jou volgende besoek onvergeetlik te maak. Ons het iets vir elke tipe reisiger, hetsy jy […]
5 Februarie 2026

6 van ons gunsteling-glanskampplekke in Mpumalanga
Smag jy na ’n wegbreek in die natuur, maar is nie lus vir die moeite om jou eie tent op te slaan nie? Moenie verder bekommer nie! LekkeSlaap het die beste glanskampplekke in Mpumalanga bymekaargemaak waar jou volgende vakansie so moeiteloos en onvergeetlik moontlik sal wees. Mbizane Escarpment Retreat Schoemanskloof Kom ervaar die ongelooflike natuurskoon […]
25 Junie 2025

Ontdek Hermanus: ’n Gids vir strande, wynplase en besienswaardighede
Hermanus spog met ’n rits idilliese strande, heerlike restaurante en koffiewinkels, oulike kunsvlytwinkels en lekker doendinge. Boonop het LekkeSlaap ’n groot verskeidenheid en oorgenoeg lekker blyplekke te kies en te keur. In dié artikel vertel ons jou alles wat jy moet weet sodat jy solank jou volgende wegbreek na hierdie onvergeetlike dorp kan beplan. Wat […]
27 Februarie 2025

Sewe skitterende blyplekke in die Kaapse Suid-Skiereiland
Kaapstad se suidelike skiereiland strek van Noordhoek, Kommetjie, Scarborough, Kaappunt tot Simonstad, Kalkbaai en Muizenberg. Hierdie area word soms tong-in-die-kies na “agter die lensiegordyn” verwys en is bekend vir ’n rustiger leefstyl. Dit spog met pragtige kusdorpies en ongerepte strande wat jou dadelik sal bekoor. Arc Guest House Simonstad Hierdie huis is ’n unieke toevlugsoord […]
13 November 2024

10 Blyplekke naby die Kruger-hekke
Die Krugerwildtuin is een van Suid-Afrika se juwele en lok elke jaar ’n string besoekers. LekkeSlaap het lieflike blyplekke naby die Krugerwildtuin se hekke uitgesoek om julle reis te vergemaklik. Ontspan in Sabie of rus in Skukuza, baljaar in Belfast of herlaai jou batterye in Hoedspruit. Jou volgende Wildtuin-wegbreek wag! Malelane-hek Hamiltons Lodge and Restaurant […]
8 Mei 2024





