Skrywer: Gerriline Fouché

Kom maak ’n draai by die diva van Darling!
In ’n klein Swartlanddorpie, net duskant die Kaap, lê ’n ou treinstasie in pienk, wit en blou uitgedos om jou te vermaak. Dié ou treinstasie ─ ’n perron as’t ware ─ is die tuiste van Suid-Afrika se gunsteling-tannie, met rooi lippe en grys hare. Ja, dis Darling se eie diva: Evita Bezuidenhout. Evita se Perron […]
16 Januarie 2019

Woordfees: Vers en Klank Tussen Akkerblare
Die jaar word ryp met vers en klank en ’n Stellenbosse Maart lok die hele land. Ja, sowaar, ’n fees van woord tref eersdaags die Eikestad se goue akkerblaar en LekkeSlaap weet nét hoe om jou feesbootjie vlot te laat vaar. So, skuif ’n bietjie nader en spits jou ore, want ’n vrolike Woordfees is […]
19 Desember 2018

5 Kindervriendelike Diereplase vir Klein Kabouters
Dis naweek, die piekniekmandjie is gepak, die kinders bars uit hul nate van opgewondenheid en die son trek al water ─ waarheen nou? As jy nog nie seker is in watter rigting die motor se neus jou dié keer gaan lei om die kleinspan vir die dag besig te hou nie, beter jy hierdie blog […]
19 September 2018

Vrede en Lust: Vreugde uit die Wingerdstok
Wonderskone wingerde wat oor Simondium se dale tot teenaan die Simonsberghange strek, welige grasperke met pragtige voetpaaie wat tussen die historiese Kaap-Hollandse geboue kronkel, en die reuk van varsgebakte brood en sterk koffie wat die oggendlug vul ─ dié salige kombinasie sal jy net by Vrede en Lust kry! LekkeSlaap het by dié wêreldbekende wynlandgoed […]
11 Julie 2018

Namibië: ’n Wittebrood in die Land van Sonlig en Sterre
Son, sterre, see en sand ─ dis die vier wonders van Namibië. LekkeSlaap kombineer dié asemrowende Namibiese verskynsels om ’n onvergeetlike wittebrood te verseker. Kom luister na die gedruis van turkooisblou branders wat liggies die voete van die Namibwoestyn se sandduine streel en klink ’n glasie op jou en jou geliefde se toekoms onder ’n […]
2 Julie 2018

5 Klowe en Kranse vir Kranige Klimmers
Daar skiet ’n koue rilling by jou ruggraat af, jou palms is klam en jou bene is die ene bewerasies. Verstrak staar jy na die mosbegroeide afgrond en glinsterende blou wat skielik baie verder lyk as met die opklimslag. Een oomblik baklei jy nog teen die hoogtevrees wat bly krap-krap aan jou gemoed, en dan, […]
9 Mei 2018








