Kategorie: Kos & Kuier

Sutherland: ’n Naweek tussen die Karoo-sterre
Op die Roggeveld-platorand skuil ’n piepklein dorpie met ’n hart so groot soos die hemelruim. Sutherland is beslis meer as ’n navorsingsteleskoop en asvaal, sneeubedekte vlaktes. Hiér ken almal mekaar en besoekers word met egte Karoo-gasvryheid verwelkom. As iemand met ’n liefde vir letterkunde, geskiedenis en die natuur, wou ek Sutherland nog altyd besoek en […]
29 Januarie 2020

Geen meer langtand op die langpad ─ LekkeSlaap se langpadwenke maak als beter!
Die langverwagte Desember-vakansie het uiteindelik aangebreek en die tyd vir luilekker somersdae is hier! Dit is ook ’n goeie tyd om ’n bietjie verder as gewoonlik te reis en of dit nou van die binneland na die kus of van die kus na die Namib-woestyn is ─ almal maak vir die groot vakansie-trek gereed. Daar […]
18 Desember 2019

Tone in die sand by dié kindervriendelike strandrestaurante
Het jy al by ’n restaurant geëet en gedink dit proe mos nou soos vakansie? Die kombinasie van ’n heerlike maaltyd en die strand is die perfekte plek om af te skakel en die geselligheid rondom jou te geniet. Daar is niks soos vars seelug, seesand en ’n tradisionele gereg om van al die kantoorkommernisse […]
6 November 2019

’n Naweek wink in die Witzenbergvallei
’n Mens kan verstaan waarom daar gereeld na Witzenberg as die “Vallei van Oorvloed” verwys word. Dié vallei strek oor drie streke: Tulbagh en Wolseley val onder die Boland, Ceres en Prince Alfred Hamlet vorm deel van die Warm Bokkeveld, en wanneer jy in Op-die-Berg aankom is jy al weer in die Koue Bokkeveld! Watter […]
9 Oktober 2019

Eg Suid-Afrikaans: 9 Disse in 9 Provinsies
Daar is baie unieke dinge waarmee Suid-Afrikaners kan spog: elf amptelike tale, unieke natuurskoon, die eerste suksesvolle hartoorplanting, Mimi Coerste, die Kreepy Krauly en nog vele meer! Maar een ding waarmee ons die meeste kan spog is beslis Suid-Afrikaanse kos! LekkeSlaap het ondersoek ingestel om uit te vind watter eetgoed uniek is tot elk van […]
2 Oktober 2019

50 Jaar Later: Nuwe Opskudding oor Tulbagh se Aardbewing
Soos gesien op Maroela Media. Toe Oom Koos dáái namiddag terugstap huis toe en sy hond hom nie soos gewoonlik al ’n entjie in die pad af kom haal nie, het hy geweet iets is nie pluis nie. Dié iets sou toe in die mees vernietigende aardbewing wat Suid-Afrika al getref het ontaard en het […]
25 September 2019

’n A tot Z-fotogids tot die Suidelike Skiereiland
“Nee, dis te ver!” ─ dié woorde het menige besoek aan die Suidelike Skiereiland al in die wiele gery. Ek moet bieg: Voor ek ’n paar jaar gelede Muizenberg toe getrek het, was ek self nog nooit hier nie. Maar as ek soggens die vars seelug inasem wanneer ek my woonstel verlaat en die sonsopkoms […]
11 September 2019

Beleef swierige Stellenbosch by Coopmanhuijs Boutique Hotel and Spa
Groot, blink reëndruppels rol van akkerblare af en plof op my motor se voorruit soos ek die Eikestad op ’n vroeë herfsoggend binnery. ’n Bederfnaweek lê voor by die vyfster-boetiekhotel en spa, Coopmanhuijs, wat al nege jaar lank met goeie rede die eerste plek op TripAdvisor se ranglys beklee. Jare nadat ons as studente Stellenbosch […]
17 Julie 2019








