Kategorie: Wes-Kaap

Voel soos Karoo-royalty by De Zeekoe Guest Farm
Doer in die Klein-Karoo skuil ’n dorp met baie hart, gawe mense, interessante diere, die allermooiste natuurtonele en ’n ryk geskiedenis. Oudtshoorn is bekend vir verskeie redes en LekkeSlaap het op ’n koue wintersnaweek ’n draai in dié Karoodorp gemaak om uit te vind waaroor die bohaai gaan. Ons het omtrent soos Karoo-royalty gevoel vandat […]
10 Julie 2019

Kuier-kuier vanaf die Kaap tot die Drakensberg: ’n Roetereis
Suid-Afrika bied soveel asemrowende natuurtonele in verskillende dele van die land dat ’n roetereis beslis op elke Suid-Afrikaner se emmerskoplysie moet wees. Van die mooie Moederstad, lowergroen Tuinroete, die Karoo se vergete vlaktes, tot die manjifieke Drakensberge ─ daar is ’n bestemming wat diep in elkeen van ons se hart sal kruip. Om jou te inspireer, […]
19 Junie 2019

Simonstad: Ontdek SA se Griekeland
Is jy moeg vir bedrywige kusdorpe? Lus vir ’n uitstappie na ’n Suid-Afrikaanse Griekeland? Maak dan seker jy loop nie ’n betowerende vakansie in Simonstad mis nie. Simonstad is die ideale vakansiebestemming waar jy jou skoene kan uitskop en sorgeloos kan ontspan. Dié dorp lê rustig aan Valsbaai en spog met die Suid-Afrikaanse Vloot, vriendelike […]
12 Junie 2019

Penguin Experience: Waggel saam met ’n pikkewyn by die Two Oceans Akwarium
Almal het ’n gunstelingdier en myne is ’n pikkewyn! Daar is iets besonders aan dié koddige verebondels wat nóg vis, nóg voël is en, soos mense, ’n klippie aan hul gekose lewensmaat gee om hul getrouheid te wys. Die Two Oceans Akwarium in Kaapstad het LekkeSlaap genooi om ’n Penguin Experience by te woon en […]
5 Junie 2019

In Dorpe sonder Slotte: ’n Fietsrit vanaf Vishoek na Simonstad
“Ek bring vir jou blomme, ek gee jou genot, ek leen jou my bicycle sonder ’n slot,” sing Koos Kombuis op sy album Elke boemelaar se droom. Dié lirieke spreek van tipiese Koos-romanse en ek het lank oor dié bekende liedjie getob. Toe tref dit my: In ’n hedendaagse Suid-Afrika is die volmaakte vorm van […]
15 Mei 2019

’n Aand in die Eikestad
Of jy nou ’n student of ’n sakeman is, die Eikestad is vir jou beskore. Dié dorpie se faam mag dalk in die akademie gewortel wees, maar daar is ’n ander kant aan Stellenbosch wat enige oud-student in ’n toeris sal verander. Daar is winkeltjies om elke hoek en draai, straatjies wat onderdeur die eikebome […]
29 April 2019

My voete loop na Wellington …
In my Alma Mater se Afrikaansklas sou ek nooit kon droom om eendag oor ons interskole-aardsvyand se tuisdorp te skryf nie. Maar op ’n koel herfsoggend trek ek my Redemption-leerskoene aan en is ek slaggereed om Wellington via die Lady Loch-brug in te vaar! Dié Bolandse dorpie skuil aan die voet van Groenberg teen die […]
23 April 2019

Gaan wéés by Cederkloof Botanical Retreat
Droom jy van ’n naweek weg van alles en almal? Wil jy net so bietjie wees? Wel, LekkeSlaap het onlangs die voorreg gehad om by Cederkloof Botanical Retreat net buite Citrusdal te gaan kuier en kan met alle eerlikheid sê dat dit vir ieder en elk aanbeveel word. Van die oomblik wat ons uit die […]
17 April 2019








