Kategorie: Wes-Kaap

Smul by dié 7 stasie-restaurante
Verlang jy na die dae van aansit vir ete op ’n trein, die oorverdowende fluit van een wat nader kom, of dalk die geluid van die wiele wat kap-kap onder jou sitplek? Goeie nuus: LekkeSlaap het ontdek waar jy dit en nog meer weer kan beleef. Ons wys jou waar jy weer op die perron […]
15 Februarie 2017

Kom ons besing ons land se strande …
Dis maklik om ons land se skilderagtige strande in ons ryke taal te besing ─ van Paternoster tot Plettenbergbaai raak bekende Afrikaanse sangers liries oor sand en see. Soms bring die oseaan verlange, maar meestal is die strand propvol pret en plesier. Daarom het LekkeSlaap vyf gewilde strande gekies wat in keurige Afrikaanse lirieke beskryf […]
25 Januarie 2017

Valskermsweef hiér!
Nuwejaar is ’n tyd vir nuwe uitdagings. Suid-Afrika se oorrompelende natuurskoon en uiteenlopende landskappe bied legio avontuurgeleenthede: van 4×4 tot rotsklim, van surf tot abseil, van bergklim tot riviervlotvaart, om nie eens te praat van perdry-safari’s en haaihokduik nie. Maar daar is ’n minder bekende sport wat besig is om al hoe gewilder te word […]
4 Januarie 2017

’n Blink toekoms wink vir dié toeristedorpies
Soos gesien op Maroela Media. Volgens die skaduminister van toerisme, James Vos, is die wenresep vir ’n suksesvolle toerismebestemming ’n kombinasie van die dorp se omgewing, besienswaardighede, kultuur, geskiedenis, vriendelike inwoners en, natuurlik, bemarking. Suid-Afrika is deurspek met droombestemmings en al hoe meer kleiner dorpies is deesdae getossel en getooi om toeriste te verwelkom. Elke […]
30 Desember 2016

Gewildste bestemmings vir 2016 bekend gemaak
Soos gesien op Maroela Media. Het jy al gewonder hoe gewild jou tuisdorp of gunsteling-vakansiebestemming is? Of watter plekke die afgelope jaar gewilder geraak het? Of dalk is jy op soek na ’n nuwe bestemming om by jou emmerskoplysie te voeg? Die gewag is verby ─ Lekkeslaap.co.za het met meer as 2000 van ons akkommodasie-eienaars […]
28 Desember 2016

7 Stopplekke op die N7
Pak jy dié vakansie die N7 aan? Dan het ons die ideale gids vir jou ─ Kardoesie Country Stop en West Coast Way SA het ’n nuttige lysie van stopplekke op dié langpadroete saamgestel sodat jy jou eie selfry-toer kan beplan! Die platteland vanaf Piketberg tot Garies het soveel eiesoortige en versteekte afsaalplekke en besienswaardighede […]
13 Desember 2016

Club Mykonos: Griekeland in Suid-Afrika!
Die Griekse Eilande skuil waarskynlik in daardie hoekie van jou verbeelding wat jy besoek as alles net te veel raak – die werk, verkeer, kinders, politiek, en deesdae ook, die droogte. Dié twee woorde roep beelde op van seiljagte op hemelsblou water, skelwit huisies teen eilandkranse, yskoue witwyn in kristalglase, son, wind, en sorgeloosheid. En […]
7 Desember 2016

7 Stiller Weergawes van ons Gewildste Somerbestemmings
As jy nog nie jou somervakansie bespreek het nie, sit jy waarskynlik nou met ’n taamlike tameletjie. Om te keer dat jy volgende jaar weer sonder ’n wegbreekplek sit, het ons ’n bietjie in ons statistieke gaan rondkrap om uit te vind by watter minder bekende maar ewe lekker bestemmings jy ’n vinnige wegbreek oor […]
1 Desember 2016








