Kategorie: Wes-Kaap

Stadsjapies … gaan plaas toe!

Stadsjapies … gaan plaas toe!

Vasgevang in die beton-oerwoud? Verruil jou hoëhakskoene of bruin leerskoene vir ʼn paar waterstewels of plakkies en kom baljaar by een van die pragtige, plattelandse plaashuise wat ons dié week aan jou bekendstel. Miskien wonder jy dalk of jy genoeg murg in jou pype het vir ʼn vakansie op ʼn werkende melk-, volstruis- of skaapplaas … Raai wat!? […]

Ankia Wolf

Ankia Wolf

21 Mei 2015

Hiér baljaar die walvisse!

Hiér baljaar die walvisse!

Elke jaar tussen Julie en November besoek die reuse van die see ons pragtige kus. Honderde bultrugwalvisse en suidelike noordkapperwalvisse kom paar, kalf en baljaar langs ons kus, en as jy die regte gastehuis bespreek kan jy sommer op jou bed lê en die skouspel gadeslaan! Ek het 8 lekke plekke geïdentifiseer waar jy met […]

Herman Botha

Herman Botha

13 Mei 2015

Kastele in Suid-Afrika

Kastele in Suid-Afrika

Kastele is seldsaam in Suid-Afrika. As ek een sien wat soos ’n spookbeeld teen ‘n berg hang, moet ek altyd omdraai om wéér te kyk. My nuuskierigheid oor dié rariteite het die oorhand gekry en ek het op ’n soektog gegaan om ’n paar indrukwekkende kastele in ons land op te spoor. Party is regte […]

Annemie Lombard

Annemie Lombard

9 Mei 2015

’n Kitsgids tot eetplekke in Riebeek-Kasteel

’n Kitsgids tot eetplekke in Riebeek-Kasteel

Dié dorp is nie net prentjiemooi nie, maar ook lewendig en propvol fassinerende doendinge. Shiraz, volryp olywe, kleurvolle seisoene, asemrowende uitsigte, skilderagtige sonsondergange en immergroen plantegroei maak van Riebeek-Kasteel ‘n droombestemming. Dis ‘n oase vir natuurliefhebbers, stappers, bergklimmers, voëlkykers en enige iemand wat net wil ontspan. Dit ‘n besondere geskiedkundige dorpie met ‘n hele paar besienswaardighede, […]

Ankia Wolf

Ankia Wolf

30 April 2015

7 Boomhuise vir grootmense

7 Boomhuise vir grootmense

Verbeel jou jy sit in die mik van ‘n reusboom, ʼn newel van mis omgewe jou, ʼn klammigheid slaan op uit die woud se blaartapyt en woel die aardse reuk van bas los, die swaar stilte van miljoene roerlose blare word meteens verbreek deur die gutturale roep van ʼn knysnaloerie hier by jou, en as jy jou kop draai om […]

Herman Botha

Herman Botha

28 April 2015

10 Wilde foto’s en nog wilder feite

10 Wilde foto’s en nog wilder feite

Diertjies, groot en klein, sterk en fyn, kom almal in Suid-Afrika voor. Ek het ’n paar van die pragtige wilde diere wat by ons lekke slaapplekke voorkom, gaan soek en ook ’n paar interessante brokkies oor dié bokkies en krokkies gekry. So pak jou verkyker, kamera, voëlkennerboek, stapskoene, sonskerm en sonhoed en gaan kyk watter […]

Karoo: nie net stof en vlaktes

Karoo: nie net stof en vlaktes

Soms jaag mens deur die Karoo en die platgedrukte koppies flits vormloos verby … Jy ry kilometers aaneen en sien net ’n windpomp langs die pad of ’n dorpie wat hardkoppig soos ’n vetplant op die vlaktes oorleef. Wanneer jy egter gaan stilstaan en stomstaan voor ’n Karoo-sonsondergang, dan tref dit jou. Jy sien die skoonheid en sielsrus […]

Annemie Lombard

Annemie Lombard

4 April 2015

Kaapse Fynbos – klein maar “getrain”

Kaapse Fynbos – klein maar “getrain”

Daar waar die protea aan die uiterste, suidwestelike punt van Afrika blom, daar sal jy die Kaapse Floraryk vind. Dié pragtige flora strek vanaf Clanwilliam in die Wes-Kaap tot Port Elizabeth in die Oos-Kaap. Toe Jan en sy manne in die 16de eeu hier aan die Kaap geland het, het hulle die immergroen struike wat […]

App download page