Kategorie: Winter

Verken die Rooibosroete: Vanrhynsdorp tot Citrusdal via Wupperthal
Die Rooibosroete is ’n unieke toevoeging tot die bekende N7 wat mense al dekades lank ry op soek na Namakwaland se daisies, kosmos en die soetste sitrusvrugte in Suid-Afrika. Die roete is ’n verering van die Aspalathus linearis-plant, of sommer net Rooibos soos ons dit ken. Dié plant word verwerk tot daardie bekende oranjerooi tee […]
26 Mei 2017

6 Sakpas-bestemmings naby die Krugerwildtuin
Keer jou bankbalans jou om ’n droom-safari in die Krugerwildtuin te bespreek? LekkeSlaap het die oplossing! Kom bly eerder in een van dié ses dorpies en beplan dan ’n behoorlike daguitstappie vol wildritte en padlangs-pieknieks in die park. Dié dorpe is almal minder as 60 minute se ry van die park af en bied sakpasverblyf vir […]
17 Maart 2017

Die mooi in die niks van Namakwaland
Almal weet hoe mooi die veldblomme Namakwaland gedurende die lente optooi, maar wat word van dié spesiale plek as die skel somerson die kleurvolle blaartjies laat swig? Die veldblomme is ’n groot trekpleister wanneer hulle kop uitsteek in September, maar die res van die jaar vergeet die meeste van ons dat Namakwaland bestaan. Wel, die […]
19 Oktober 2016

Maak dié wintervakansie ’n leesvakansie!
Die wintervakansie is die perfekte tyd om ’n paar boeke op jou lang leeslys af te merk. Ons alledaagse lewe is só besig met kinders en skool, werk en na-uurse verpligtinge dat ons eenvoudig nie by al die lekker leesboeke uitkom nie … En so word jou lysie al hoe langer. Hoekom maak jy nie […]
22 Junie 2016

Hartskos teen die winterkoue
Die winter het sy kloue nou behóórlik ingeslaan en wat is dan nou lekkerder as om ’n heerlike warm wintergereg saam met jou gesin te geniet? LekkeSlaap het ’n lysie van lekker warm resepte bymekaar gemaak om die winterkoue te klop. Bestanddele: 25 ml sonneblomolie 10 ml botter 1 gekapte ui 2 gekapte selderystele 500 […]
1 Junie 2016

Ons land se 5 top-wintervakansiebestemmings
Is jy moeg gesukkel om die ideale wintervakansiebestemming vir jou en jou gesin in Suid-Afrika op te spoor? Ons het gaan ondersoek instel om uit te vind watter van die dorpies, streke en stede in ons land gedurende die winter die gewildste is en waarom. Só kan jy volgende keer ʼn ingeligte besluit maak as […]
20 Mei 2016

10 Wildkyk-Wenke
Suid-Afrikaners kan nie veel sonder ’n visum doen nie, maar wildkyk is darem een van die wonderlike ervarings waarvoor ons nie die land hoef te verlaat nie. Ons is vreeslik bederf met legio wildparke op ons drumpel en hoewel ons nie soos die buitelanders vlugte en khaki-uitrustings hoef te reël nie, is ’n wildkyk-vakansie nie […]
9 Maart 2016

Kom skitter in Sutherland
Sutherland, die uiters bekoorlike dorpie in die westelike deel van die Roggeveldberge in die Karoo, spog met heelwat merkwaardige eienskappe. Al lyk hierdie dorpie en sy inwoners nederig, het hulle verskeie redes om besonder trots te wees. Sutherlanders is bekend vir hul hartlike gasvryheid, en die sneeuwinters en dramatiese landskappe is absoluut asemrowend. Maar dié Karoodorpie se […]
16 September 2015








