Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: KwaZulu-Natal

Troukapelle vir jou Spesiale Dag

Die orrel begin speel. Die bruidegom snak na asem waar hy voor die kansel staan. Geliefdes draai in hulle banke om en kyk na die silhoeët van die bruid wat in die deur verskyn. Iewers pink iemand se tannie ’n traan weg. Dan begin die prosessie in die gangetjie af beweeg, gevolg deur die reuk […]

Oribikloof en Elandmeer ─ ’n Fotogids

Die gesinsvakansie aan KwaZulu-Natal se Suidkus is reeds bespreek en die paklysie al opgestel, maar het julle al besluit waarheen om te gaan as julle tydens jul seevakansie meer as net die strand wil sien? Wel, Oribikloof en Elandmeer is minder as ’n uur se ry vanaf Port Shepstone en Margate, so voeg dit sommer […]

4 Wegkruipgrotte ver van Alles en Almal

Dis moeilik om nie verstom te staan voor die mensdom se vermoë om asemrowende wonings uit beton, staal, glas, en klip te skep nie. Dink maar aan die Burj Khalifa en die Burj Al Arab in Dubai, One World Trade Centre in New York, Sydney se Operahuis, en die Petronas Twin Towers in Kuala Lumpur. […]

Bly by dié Boheemse Blyplekke

Word jy deur kleur geïnspireer? Laat tierlantyntjies jou oë blink? Dan moet jy beslis na LekkeSlaap se versameling boheemse blyplekke loer! Van ’n bootbed in Woodstock en ’n klein Marokko in Pretoria, tot Franse flair in Magaliesburg en ’n Karoo-pitstop wat petrol-sjiek en kothuisstyl perfek kombineer — dié blyplekke is voorwaar ’n lus vir elke […]

Die Vallei van ’n Duisend Heuwels

Die Vallei van ’n Duisend Heuwels is vernoem na die talle heuwels, kranse en valleie wat die Umgenirivier omsingel. Dié rivier vloei vanaf die Drakensberge tot by die Indiese Oseaan en sluit die omgewing van Pietermaritzburg, Monteseel, Drummond, Botha’s Hill, Shongweni, Kloof, Gillits, Hillcrest, Waterfall, Pinetown en Durban in. Hier kry jy ’n kombinasie van […]

Plas in dié poele aan ons kus!

Dis somervakansie en jy baljaar sielsgelukkig in die branders. Maar dan verskyn ’n vreesaanjaende vinnetjie uit die niet … Om dié beklemming te vermy, vertel LekkeSlaap jou van 10 gesinsvriendelike getypoele al langs ons land se kus. Ons gee jou ook gesinsverblyfopsies sodat jy salig kan rus! Kampsbaai-getypoel Atlantiese Seekus, Wes-Kaap Dié getypoel, in een van […]

Delf in die Verlede by dié Suid-Afrikaanse Museums

As jy meen museums is vir die ouer garde en bied nét stowwerige ossewaens en vergeelde foto’s uit vergange dae, het ons vir jou ’n heerlike verrassing! Buiten museums wat verhale uit ons land se verre verlede vertel, is daar ook ’n magdom spesialiteitsmuseums ─ van speelgoed en sport tot wetenskap en wyn. Dié museums […]

10 Gesellige Kuierhuise met Boma-braaiplekke

Die somer klop al aan die deur en Suid-Afrikaners regoor die land begin hul braairoosters en -tange afstof vir die eerste somerbraai, want daar’s darem niks só lekker soos ’n gesellige kuier om ’n reuse-braaivleisvuur, braaibroodjies en ’n smullekker skaaptjoppie nie! En met Erfenisdag wat wink, wys LekkeSlaap vir jou 10 kuierhuise met boma-braaiplekke waar […]

World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem