Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: KwaZulu-Natal

As dié Mure kon Praat: Historiese Hotelle in Suid-Afrika

Reken jy dis net spinnerakke, stowwerige hoekies en stokou meubels wat agter historiese hotelle se mure skuil? Dan het jy die kat so effens aan die stert beet! Menige ou hotel is al deur die jare spoggerig opgeknap en bied luukse geriewe. Die negentiende- en vroeë twintigste-eeuse argitektuur het egter hoofsaaklik behoue gebly en so […]

Is jou Stadsprokie in Johannesburg of Durban?

“As jy geluk en vreugde wil vind, soek die neonboog se punt. Volg hom elke nag oor swart riviere. Oor kranse van beton. As jy aanhou stap, tien duisend ure, sal jy dalk daar kom” ─ Koos Du Plessis ’n Mens dink dikwels ’n wegbreek is ’n tyd om asem te skep op die platteland […]

Geniet ’n Gholfwegbreek naby Gauteng

Lowergroen grasperke, gesellige samesyn, goeie oefening en luukse verblyf ─ dís onder andere wat jy op ’n gholflandgoed kan verwag! Kranige gholfspelers kan natuurlik na hartelus wedywer, maar selfs al is jou voorgee nie wat wonders nie en jou dryfhou effe verroes, is só ’n praglandgoed steeds ’n luilekker ontspanplek. LekkeSlaap het ’n handjie vol […]

Kom Klink ’n Glasie op dié Gesellige Kuierstoepe!

Die ideale stoep het genoeg sitplek vir ’n groot groep vriende of die hele familie, ’n asemrowende uitsig, gemaklike meubels, braaigeriewe om saans ’n vleisie oor die kole te gooi, en speelplek naby vir die kinders. LekkeSlaap het dié lysie in gedagte gehou en ’n paar gesellige kuierstoepe gaan uitsoek waar jy en jou kroos […]

Oorweeg ’n Besoek aan Underberg

In die ooste van ons land lê ’n draak uitgestrek van noord na suid, en net voor jy sy stert se punt bereik, is daar ’n dorpie wat in sy skadu pryk. Underberg is die poort tot die Drakensberge en sy naam is te danke aan daar waar hy lê: onder die berg, of meer […]

Ontdek die Mooie Middellande

Is die Gautengse geraas besig om jou onder te kry? Is jy op soek na die perfekte plek vir ’n stil en rustige naweek weg? Hoekom kies jy nie ’n bietjie koers na die KwaZulu-Natalse Middellande nie? Dis ’n lushof vir enige roetereisiger met uitstekende restaurante, bekoorlike koffieplekkies, interessante antiekwarewinkels en poskaartmooi natuurskoon om elke […]

Perfekte Plekke om Verloof te raak

Daar word darem maar ’n groot affêre van ’n troue gemaak ─ en met goeie reg! Maar voor die bruid in die gangetjie afgesweef kan kom, lê daar eers ’n lewensbelangrike vraag en die oorhandiging van ’n koeëlronde blink dingetjie vir jou voor. ’n Verlowing is terselfdertyd ’n groot lewensstap én ’n wonderlike geleentheid om […]

Olifante: Afrika se Slim Reuse

Olifante is nie net die grootste lede van die Groot 5-klub nie, hulle staan ook hul plek vol in Suid-Afrika se kulturele bewussyn. Rotskunstenaars dokumenteer al vir duisende jare die aanwesigheid van olifante in Suid-Afrika, en danksy Dalene Matthee is ’n olifant, letterlik en figuurlik, een van die grootste figure in ons literatuurgeskiedenis. Wie sal […]

World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem