Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Skrywer: Frances Strooh

By Bushmans Kloof kan julle liefde aan mekaar beloof

Bushmans Kloof is lafenis vir die siel. Hierdie luukse lodge is in die majestueuse Sederberge geleë en die ongerepte natuurskoon met sy ruwe rotse kontrasteer pragtig met die elegante interieur. Dit is die ideale plek vir ‘n wittebrood. Die Sederberge is 500 miljoen jaar oud en was vroeër die tuiste van groot troppe wild en die gelyknamige Sederboom. […]

Parys in die Vrystaat!?

Vrystaat se naamgenote: dié provinsie lê die hele wêreld vol met naamgenote in die VSA, Engeland en selfs in Noorweë! Die meeste van ons ken die hoofstad van Frankryk se naamgenoot langs die Vaalrivier … Parys, natuurlik! Maar daar is min van ons wat weet hoeveel ander dorpe in die Vrystaat ook naamgenote oorsee het. […]

Amsterdam in Afrika!?

Mpumalanga beteken “plek waar die son opkom” en sowaar as die son aan die hemel skyn, is dit een van die skilderagtigste plekke wat ek al ooit besoek het. Dié provinsie is nie net ryk aan natuurwonders nie, Mpumalanga het ook talle dorpe met naamgenote regoor die wêreld, van Nederland tot Brasilië tot Skotland! Amersfoort Hierdie […]

Carnarvon in Kanada!?

Noord-Kaapse naamgenote: dié provinsie lê die hele wêreld vol met naamgenote in die VSA, Skotland en selfs in Kanada! Askham Askham is ‘n vreeslike klein dorpie so 200 km noord van Upington. Die dorpie is ook die tuiste van een van die wêreld se oudste stamme, die !Khomani San. Min mense weet daar is ook […]

10 wenke vir ‘n omgewingsvriendelike vakansie

Ons as mense het nog altyd die begeerte gehad om die wêreld te verken, maar ons moet dit liefs op ‘n wyse doen wat nie die wêreld vernietig nie. Toerisme is tans die grootste industrie in die wêreld, en as ons die ding reg benader, kan ons dit ook omgewingsvriendelik maak. Hieronder is 10 maniere waarop […]

Jy kan dié maar in jou sak steek

Pack for a Purpose is ‘n wêreldwye organisasie wat jou in staat stel om liefdadigheid soos vakansie te laat voel! Dit behels basies dat jy voorraad wat organisasies benodig vir gemeenskapsprojekte kan saambring in jou bagasie. Hulle vra gewoonlik dat mense 2 kg se goedere saambring (maar jy kan saambring net soveel soos wat jy […]

Ons vlag lê die wêreld vol: bekyk hom uit die buitenste ruim!

Ek het nog altyd gedink ’n vlag is te plat en leweloos om ’n dinamiese ding soos ’n land en sy mense te verteenwoordig. Giant Flag se projek het my wel anders oortuig. Hierdie vlag is meer as net ’n simbool. Hierdie vlag is een wat groei, net soos die land wat dit verteenwoordig. Giant Flag […]

Piekfyn pikkewyn! Ons vier Brilpikkewyn Bewustheidsdag

Die Afrika-pikkewyn staan ook, heel kostelik, as die brilpikkewyn bekend! Dis moontlik vanweë die pienk vlekkies bo hul oë wat hulle soos Elton John in ‘n manelpak laat lyk. En hierdie Saterdag, die 11de Oktober, is dit Brilpikkewyn Bewustheidsdag!  Daar is slegs 17 spesies pikkewyne wêreldwyd, en die brilpikkewyn is die enigste een wat op die Afrika-kontinent […]

World Travel Awards
Vote for us in the World Travel Awards!
Vote for us in the World Travel Awards!
vote
vote