Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Skrywer: Frances Strooh

Skaar jou by De Aar

De Aar is ʼn rare dorp wat sy bestaan te danke het aan die belangrike spoorwegaansluiting wat hier geleë is (anders as die meeste Karoodorpe wat om ʼn kerk tot stand gekom het). Daar is meer as 100 km se spoorweë in en om De Aar, maar die treinverkeer het baie afgeneem. Hoewel die dae van stoomlokomotiewe vervloë is […]

5 Redes hoekom jy Clarens MOET besoek

Clarens is regdeur die jaar die ideale wegbreekplek, maar die  bloeiselstrate in die lente en die verkleurde vaderlandspopuliere in die herfs maak dié seisoene ideaal vir foto-toere. Dié boomryke dorpie is maar net 3 ure se ry van Johannesburg en Bloemfontein af, so as die stadslewe jou onderkry, weet jy waarheen om te mik. Clarens […]

Ons werp die kollig op Port Nolloth

In Port Nolloth is daar onstuimige waters waar rus is.  Port Nolloth is ʼn dorpie sonder verkeersligte en -knope, veiliger as enige stad. Dis ʼn plek waar mense mekaar nog op die naam groet en saam krieket op die soutpan speel. Die koue Benguela-seestroom sorg dat ʼn digte misbank ─ wat onder locals as die Malmokkie bekend staan ─ soggens soos ʼn kombers […]

Goeie idees vir Gekkedag

Niemand is seker oor April-gekkedag se oorsprong nie, maar hierdie dag vir lekker lag word elke jaar regoor die wêreld gevier. Daar word bespiegel dat die dag sy oorsprong in die Middeleeue vind, toe die viering van Nuwejaar na 1 Januarie verskuif is. Diegene wat na dié verskuiwing nogsteeds Nuwejaar op 1 April gevier het, […]

ʼn Vakansie sonder ʼn boek, is soos ʼn huis sonder ʼn stoep

Dis ʼn jammerte, maar ʼn feit: Baie mense kry net tyd vir lees wanneer hulle met vakansie is. En siende dat jy nie meer tyd kry vir lees nie, wil jy nie jou vakansie met ʼn slegte boek deurbring nie. Dit is waarom LekkeSlaap besluit het om jou te help met ʼn lekke vakansie-leeslys vol boeke wat perfek by […]

Kaapstad na die Brand

Sewe dae na die verwoestende brand by Ou Kaapse Weg en Chapman’s Peak het ek en die fotograaf, Pieter Wolhüter, gaan ondersoek instel. Kyk na die pragfoto’s hieronder – jy sal nie glo hoe vinnig Moeder Natuur herstel nie! Daar is hoop!

Baltimore in die Bosveld!?

Die Limpopo-provinsie is dalk ryk aan wild en minerale, maar die provinsie het nie juis internasionale eweknieë nie! Dit blyk dat dié provinsie só eg Suid-Afrikaans is dat slegs 5 van sy dorpe naamgenote oorsee het. Baltimore Baltimore is ‘n klein dorpie in Limpopo wat ‘n naamgenoot in die VSA het. Die dorpie se naamgenoot is ‘n […]

Pretoria op ‘n Eiland!?

Gauteng is ‘n Sotho woord wat beteken “plek van goud” en die provinsie is sowaar vir ons land goud werd. Maar buiten hierdie rykdom, is Gauteng ook ryk aan naamgenote regoor die wêreld. Chantelle Chantelle is ‘n voorstad van Pretoria in Gauteng. Dit is noordwes van Pretoria geleë. Hierdie plek se naamgenoot is ‘n kommune […]

World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem