Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Skrywer: Nanje Lourens

Nanje kom van Somerset-Wes af en het haar Nagraadse Diploma in Vertaling aan Universiteit Stellenbosch voltooi. Sy het ’n passie vir taal, veral Afrikaans, en probeer tans haarself Duits en Portugees leer. Sy is lief vir haar familie en vriende, en mal oor reis, kamp, lees en om in die kar te sing wanneer niemand haar kan hoor nie. Eendag sal sy haar grootste droom van haar emmerskoplysie aftiek - om met ’n woonwa deur die Europese platteland te reis.

Dis feestelik op die Franschhoek Wine Tram

Die Franschhoek Wine Tram is ’n uiters gewilde toeriste-aantreklikheid in Suid-Afrika se wynlande – en met goeie rede! Die Wine Tram bied ’n unieke en gerieflike manier om die mooie Franschhoekvallei en sy bekende wynlandgoedere, vol geskiedenis en tradisie, te verken. In hierdie blog wys ons jou hoe dit werk, ’n paar dinge om te […]

Tiny Houses: Dié tendens is uniek én koste-effektief

Is jy op soek na ’n opwindende reiservaring wat beide uniek en koste-effektief is? Die tiny house-tendens is jou antwoord! Tiny houses het al hoe meer gewild geraak as ’n manier om uitgawes te verminder, maar het jy geweet dat dit ook ’n wonderlike reiservaring kan wees? Hier is ’n paar redes waarom jy ’n […]

Lekke naweekdorpies buite Kaapstad

Die jaar het skaars afgeskop en dit voel reeds asof ’n mens al weer ’n vakansie nodig het. Daarom is ’n naweekwegbreek elke nou en dan net die ding wat jy nodig het om jou te verfris en weer nuwe energie vir die res van die maand te gee.  In die Wes-Kaap het ons gelukkig […]

Woerts-warts deur die Wild Frontier

Die Wild Frontier is ’n pragtige, minder bekende streek in Mpumalanga wat grense met die suide van Mosambiek, die noorde van Eswatini (voorheen Swaziland) en die suide van die Krugerwildtuin deel. Daar word soms na dié area as die “Wieg van die Lewe” verwys omdat daar meer as drie miljard jaar terug verskeie belangrike argeologiese […]

Paradysverblyf aan die subtropiese Hibiskuskus

Die Hibiskuskus skuil aan die einde van KwaZulu-Natal se Suidkus, net noord van die Wildekus, en is sowat 90 minute se ry vanaf Durban. Die warm Mosambiekse stroom wat hiér verbyvloei komplementeer die subtropiese klimaat en sorg heel jaar lank vir ’n vakansie-geleentheid aan die kus vir dié wat op soek is na son, sand […]

Sewe bekoorlike blyplekke in die Swartland

Die Swartland lê tussen Malmesbury in die suide, deur die Riebeekvallei tot by Piketberg in die noorde, en by Darling in die weste, tot by die Olifantsberg by Porterville in die ooste. Dié uitgestrekte, vrugbare vlaktes is deurtrek van goue koringlande wat die rede is dat dié area as die broodmandjie van die Kaap bestempel […]

CapeNature: 6 minder bekende staproetes

Behalwe vir die feit dat CapeNature na die natuur omsien en besoekers en plaaslike gemeenskappe opvoed oor hoe om ons nauurlike omgewing te bewaar, bied hulle ook onvergeetlike ekotoerisme-ervarings waartydens jy die natuurskoon kan bewonder – van adrenaliensport soos bouldering, kloofing en kajakvaar, tot meer rustige aktiwiteite soos stap, visvang en walviskyk.  Die natuurreservate bied […]

Ses staproetes naby Johannesburg

Smag jy na die geswoeg en gesweet op ’n lekker staproete terwyl jy jou aan die natuurskoon verkyk? Dalk ’n dagroete wat oor koppies kronkel, of ’n uitdagende bergroete wat jou ’n paar dae neem om te voltooi? As ’n mens aan Gauteng dink, is ’n staproete nou nie juis die eerste ding wat jy […]

World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem