Skrywer: Nanje Lourens
Nanje kom van Somerset-Wes af en het haar Nagraadse Diploma in Vertaling aan Universiteit Stellenbosch voltooi. Sy het ’n passie vir taal, veral Afrikaans, en probeer tans haarself Duits en Portugees leer. Sy is lief vir haar familie en vriende, en mal oor reis, kamp, lees en om in die kar te sing wanneer niemand haar kan hoor nie. Eendag sal sy haar grootste droom van haar emmerskoplysie aftiek - om met ’n woonwa deur die Europese platteland te reis.

Blyplekke langs riviere en damme in die Wes-Kaap
Soek jy verblyf in die Wes-Kaap met ’n pragtige uitsig oor die water? Om langs ’n rivier of ’n dam uit te span, is een van die mees ontspannende maniere om vakansie te hou. Van selfsorgkothuise tot privaat lodges bied hierdie blyplekke langs die water die perfekte kombinasie van gerief, natuur en avontuur, en dis […]
1 Desember 2025

’n Lekke lentenaweek: Topbestemmings buite Kaapstad, Johannesburg en Durban
Lente in Suid-Afrika is die perfekte tyd om ’n naweektas te pak, die vensters af te draai en die pad vir ’n vinnige wegbreek te vat. Die bloeisels begin kopuitsteek, die lug is vars en die son wat ’n bietjie warmer skyn herinner dat die somer om die draai is. Of jy nou in Kaapstad, […]
2 Oktober 2025

Wilde wonders: Besoek dié wildreservate en nasionale parke
Soos die somer stilletjies verdwyn en die lug buite ’n bietjie begin byt, word die herfs- en winterseisoen een van die beste tye vir ’n wildkykwegbreek in Suid-Afrika. Omdat die weer meer matig is, toeriste iewers anders die son gaan soek en die sigbaarheid in die bos verbeter, is dit baie makliker om wild raak […]
26 Mei 2025

Herfs in SA: Die beste plekke om die herfskleure te sien
Soos die somer stilletjies insluimer en die luggie buite ’n bietjie begin byt, verander Suid-Afrika se landskappe in ’n asemrowende rooi, oranje en geel lappieskombers. Alhoewel ons land nie vir dramatiese seisoenale veranderinge soos Europa of Noord-Amerika bekend is nie, is die herfskleure in ’n paar spesiale streke ekstra mooi. Van boomryke bergpasse tot goue […]
25 Maart 2025

Wegbreke vir 2 op die Walvisroete
Die Kaapse Walvisroete wat al langs die Wes-Kaap se suidelike kus strek, is ’n droombestemming vir paartjies wat ’n romantiese wegbreek soek. Die dorpies op dié roete staan as van die wêreld se top-walviskykplekke bekend en die roete spog met asemrowende uitkykplekke vanwaar besoekers van heinde en verre kom om die Suidelike Noorkappers in die […]
5 September 2024

Oulike plekke vir 2 in die Klein-Karoo
Die betowerende Klein-Karoo is ’n minder algemene opsie vir ’n romantiese wegbreek, maar ons dink dit is ideaal! Hiér kan julle tussen asemrowende berguitsigte en in rustige valleie weer gehaltetyd saam deurbring sonder die geroesemoes van die gewone, meer gewilde wegbreekplekke aan die Kaapse kus. Die Klein-Karoo spog met plekke waar julle tussen die wingerd […]
31 Mei 2024

Vindoux Guest Farm & Spa: Ervaar dié saligheid eerstehands
Vindoux Guest Farm & Spa is in die skilderagtige Tulbaghvallei, net 120 kilometer buite Kaapstad, op ’n pragtige, rustige plaas geleë. Hiér, aan die voet van die Saronsberg, word jy deur wingerd en vrugtebome omring en gun Vindoux jou die geleentheid om dié stukkie hemel op aarde vir ’n wyle jou huis te noem. Behalwe […]
18 April 2024

Weskus-wegbreke vir paartjies
Suid-Afrika se Weskus bied ’n betowerende agtergrond vir paartjies wat op soek is na ’n rustige wegbreek langs die Atlantiese Oseaan. Is dit dié magiese streek se ruwe kuslyn en asemrowende sonsondergange wat paartjies keer op keer weer hierheen lok, of eenvoudig die feit dat dit besoekers die kans gee om ’n Griekse vakansie op […]
12 Maart 2024








