
Nie vir sissies nie: Ons laat vaar ons gemaksone in 2019!
Wat is daardie ding wat jou alter ego lankal sou doen, maar jy nog te bang was om te probeer? Daar is altyd iets wat nie in jou gemaksone pas nie, tog dagdroom jy daaroor wanneer die lewe net té eentonig raak … 2019 is die jaar: Skud jou vrese af en roep jou gemaksone […]
9 Januarie 2019

Sit jou verlof in: Langnaweke en skoolvakansies in 2019
Is jy nog besig om te herstel na die dol feesseisoen? Het jy al vergeet dat jy ooit met vakansie was? Of miskien lê jou welverdiende wegbreek nog voor. Hoe dit ook al sy, 2019 is propvol langnaweke vir wegbreke en jy kan vroegtydig daarvoor beplan met hierdie nuttige gids. Helder Herfs Die eerste vakansiedag […]
4 Januarie 2019

Woordfees: Vers en Klank Tussen Akkerblare
Die jaar word ryp met vers en klank en ’n Stellenbosse Maart lok die hele land. Ja, sowaar, ’n fees van woord tref eersdaags die Eikestad se goue akkerblaar en LekkeSlaap weet nét hoe om jou feesbootjie vlot te laat vaar. So, skuif ’n bietjie nader en spits jou ore, want ’n vrolike Woordfees is […]
19 Desember 2018

Top-10 buitebaddens vir ’n bobaas-bederf
Soos gesien op Maroela media. Daar is ’n rede waarom die woord “lang” in pamperlang voorkom: Ná ’n lang jaar is dit tyd om jouself so ’n bietjie te bederf! Boonop het jy heel waarskynlik te veel tyd in die kantoor of voor die rekenaar deurgebring en is dit wys om jou bederfsessie na buite […]
13 Desember 2018

Jou Gids tot Groot 5-kyk
Soos gesien op Maroela Media Daar is darem min dinge so lekker soos ’n koue wintersoggend in die Wildtuin met ’n fles stomende koffie in die een hand en ’n verkyker in die ander. Maar wanneer jy teen sononder steeds nie die ontwykende leeu of luiperd raakgesien het nie, is dit natuurlik ’n ander saak. […]
13 Desember 2018

Pad(stal) Na Jou Hart: 5 Lekker Padstalle in SA
Soos gesien op Maroela Media Wat sou die langpad wees sonder ’n fles boeretroos, ʼn versameling lekker-luister liedjies en, natuurlik, ’n padstal? ʼn Padstal is so eie aan Suid-Afrikaner wees soos ’n braai op ’n Saterdagmiddag, en dis die ideale plek as jy wil benerek en jou padkos aanvul ─ van varsgebakte brood, biltong, gemmerbier […]
13 Desember 2018

Muizenberg: Strate en Strande vol Stories
Vóór hordes na Hartenbos gestroom het en nog lank voor Stilbaai kwaai was, was Muizenberg die mekka waarheen die massas gedurende die somermaande migreer het. Vakansiegangers het in Valsbaai se verfrissende water kom afkoel, en die koelte wat die Kaapse wind bring geniet. Muizenberg is ongetwyfeld ’n branderplankry-paradys en, te danke aan Heather Price in […]
12 Desember 2018

Ontmoet die Diere van die Kalahari
Soos gesien op Maroela Media Die meeste Suid-Afrikaners met ’n liefde vir die natuur het al dele van die Kalahari-streek verken en is met gemsbokke, meerkatte en leeus vertroud. Dié enorme woestyngebied beslaan sowat 2,5 miljoen km² en strek vanaf die Oranjerivier in die Noord-Kaap en oor die grootste deel van Botswana tot in Namibië. […]
11 Desember 2018








