
Stadsjapies … gaan plaas toe!
Vasgevang in die beton-oerwoud? Verruil jou hoëhakskoene of bruin leerskoene vir ʼn paar waterstewels of plakkies en kom baljaar by een van die pragtige, plattelandse plaashuise wat ons dié week aan jou bekendstel. Miskien wonder jy dalk of jy genoeg murg in jou pype het vir ʼn vakansie op ʼn werkende melk-, volstruis- of skaapplaas … Raai wat!? […]
21 Mei 2015

Die lewe is ’n fees!
Dis ‘n fees van kleure en klank, dis ‘n fees van oorvloed en d(r)ank, dis ‘n fees waar dit bewe van gees en lewe! Skud jou vere reg vir die jaarlikse Klipkoppie Fees in Alberton van 29 tot 31 Mei 2015. Die stof gaan staan op Forestraat se feesgronde wanneer duisende feesvoete die gronde besoek, […]
19 Mei 2015

Jou wittebroodavontuur begin hiér …
Tussen die berge van die ongerepte Oos-Vrystaatse hooglande skuil ʼn juweel waar vyfsterverblyf en ‘n asemrowende landskap saamspan om jou droom-wittebrood te bewaarheid. Wild Horses Lodge is ʼn wegbreekplek in die Noordelike Drakensberg waar beide gemak en avontuur gewaarborg word. Dit bied ook ietsie meer vir die wittebroodpaar wat nie net die gewone ou bed […]
15 Mei 2015

Hiér baljaar die walvisse!
Elke jaar tussen Julie en November besoek die reuse van die see ons pragtige kus. Honderde bultrugwalvisse en suidelike noordkapperwalvisse kom paar, kalf en baljaar langs ons kus, en as jy die regte gastehuis bespreek kan jy sommer op jou bed lê en die skouspel gadeslaan! Ek het 8 lekke plekke geïdentifiseer waar jy met […]
13 Mei 2015

5 Redes hoekom jy Clarens MOET besoek
Clarens is regdeur die jaar die ideale wegbreekplek, maar die bloeiselstrate in die lente en die verkleurde vaderlandspopuliere in die herfs maak dié seisoene ideaal vir foto-toere. Dié boomryke dorpie is maar net 3 ure se ry van Johannesburg en Bloemfontein af, so as die stadslewe jou onderkry, weet jy waarheen om te mik. Clarens […]
11 Mei 2015

Kastele in Suid-Afrika
Kastele is seldsaam in Suid-Afrika. As ek een sien wat soos ’n spookbeeld teen ‘n berg hang, moet ek altyd omdraai om wéér te kyk. My nuuskierigheid oor dié rariteite het die oorhand gekry en ek het op ’n soektog gegaan om ’n paar indrukwekkende kastele in ons land op te spoor. Party is regte […]
9 Mei 2015

Doendinge in Johannesburg vir minder as R200
Besoek jy een van die dae die Stad van Goud? Of is jy ’n Gautenger wat net ’n bietjie uit die huis uit wil kom die naweek? Hier is vir jou ’n paar opsies vir doendinge in en om Johannesburg wat jou minder as R200 uit die sak sal jaag. Kliek gerus op die oranje […]
7 Mei 2015

Swellendam: Smul | Slaap | Speel
Vir baie reisigers is Swellendam maar een van baie bakens op die pad tussen die Kaap en die Tuinroete. Maar dié dorp, die derde oudste dorp in die land, bied soveel meer waarvan gereelde besoekers salig onbewus is – van ʼn nostalgiese feëtjieparadys tot bedrywige bessieplase tot die eerste reënwoud-spa in die land. Ek het gaan uitvind […]
5 Mei 2015








