
Wilde wonders: Besoek dié wildreservate en nasionale parke
Soos die somer stilletjies verdwyn en die lug buite ’n bietjie begin byt, word die herfs- en winterseisoen een van die beste tye vir ’n wildkykwegbreek in Suid-Afrika. Omdat die weer meer matig is, toeriste iewers anders die son gaan soek en die sigbaarheid in die bos verbeter, is dit baie makliker om wild raak […]
26 Mei 2025

Gesinsvriendelike plaaswegbreke
Is jy op soek na ’n wegbreek waar die enigste verkeersknoop plaasdiere en ’n paar boomstompe is? Dan is hierdie bekoorlike plaasverblyf perfek vir jou! Van bessiepluk tot prentjiemooi geluk, LekkeSlaap het plaasblyplekke vir paartjies, gesinne en selfs jou viervoetvriende. Dassenheuwel Farm Stay Malmesbury Dassenheuwel Farm Stay is in die hartjie van die Swartland geleë […]
25 April 2025

Herfs in SA: Die beste plekke om die herfskleure te sien
Soos die somer stilletjies insluimer en die luggie buite ’n bietjie begin byt, verander Suid-Afrika se landskappe in ’n asemrowende rooi, oranje en geel lappieskombers. Alhoewel ons land nie vir dramatiese seisoenale veranderinge soos Europa of Noord-Amerika bekend is nie, is die herfskleure in ’n paar spesiale streke ekstra mooi. Van boomryke bergpasse tot goue […]
25 Maart 2025

Ontdek Hermanus: ’n Gids vir strande, wynplase en besienswaardighede
Hermanus spog met ’n rits idilliese strande, heerlike restaurante en koffiewinkels, oulike kunsvlytwinkels en lekker doendinge. Boonop het LekkeSlaap ’n groot verskeidenheid en oorgenoeg lekker blyplekke te kies en te keur. In dié artikel vertel ons jou alles wat jy moet weet sodat jy solank jou volgende wegbreek na hierdie onvergeetlike dorp kan beplan. Wat […]
27 Februarie 2025

Verdubbel jou vakansiedae met dié slim verlofwenke
Herstel jy nog na die dol feesseisoen? Of miskien lê jou welverdiende wegbreek nog voor! Hoe dit ook al sy, 2025 se vakansiedae skep talle geleenthede om jou langnaweke nóg langer uit te rek deur jou verlofdae slim te beplan. Ons wys jou hoe met hierdie nuttige gids en ’n lekke rooster aan die einde […]
14 Januarie 2025

My gewone vakansiedorp is vol vir die somervakansie. Hoe nou?
Ná ’n jaar vol uitdagings, verdien ons almal ’n ruskans. Hoewel sommige van ons graag met Jan Tuisbly se karretjie ry, bars die besprekingskalenders van blyplekke in gewilde vakansiedorpe, veral dié naby die see, weer uit hul nate en dit veroorsaak dat ’n vinnige wegbreek of ’n op-die-nippertjie-bespreking ’n onbegonne taak is. Hoe dan gemaak […]
18 Desember 2024

Sewe skitterende blyplekke in die Kaapse Suid-Skiereiland
Kaapstad se suidelike skiereiland strek van Noordhoek, Kommetjie, Scarborough, Kaappunt tot Simonstad, Kalkbaai en Muizenberg. Hierdie area word soms tong-in-die-kies na “agter die lensiegordyn” verwys en is bekend vir ’n rustiger leefstyl. Dit spog met pragtige kusdorpies en ongerepte strande wat jou dadelik sal bekoor. Arc Guest House Simonstad Hierdie huis is ’n unieke toevlugsoord […]
13 November 2024

Prettige plekke op plase in die Wes-Kaap
Een van die mees Suid-Afrikaanse dinge wat jy kan doen, is om ’n vakansie op die plaas deur te bring. Hetsy jy ’n plaaskind in murg en been is of g’n idee het waar om jou soektog na plaasverblyf in die Wes-Kaap te begin nie, LekkeSlaap maak dit vir almal maklik om verblyf te vind. […]
23 Oktober 2024








