
9 Kuierplekke naby die Krugerwildtuin se hekke
Wat is dan nou lekke’der as ’n wildkyk-vakansie in die winter? Jy’s vroeg uit die vere en vat die pad nog voor die son heeltemal agter die koppies verskyn. Met ’n kombersie oor die knieë, ’n beker vuurwarm koffie uit die koffiefles en ’n beskuitjie om die ergste ontbytpyne te stil, sit jy byna met […]
22 Julie 2020

9 redes waarom jy die Noord-Kaap moet besoek
Onopgesmukte mense en dramatiese landskappe waar jy môre sien aankom. Dís die Noord-Kaap in al sy glorie! Nie net is dit die grootste provinsie in Suid-Afrika nie, maar ook ’n area met groot natuurlike diversiteit. Dele van die provinsie is woestynagtig met plantegroei en diere wat oor die jare by die erge droogte moes aanpas […]
15 Julie 2020

Koffiebaai: Kom ruik die Wildekus se aroma
Net sodat jy weet, daar is baie meer koeie as koffiewinkels in Koffiebaai. Só het ek met my eerste besoek aan dié Oos-Kaapse dorpie, eintlik meer ’n klein, plattelandse nedersetting aan die Wildekus met ’n paar restaurante, ’n spaza-winkel, ’n pragtige strand en hope natuurskoon, geleer. Dis soos ’n paradys van lowergroen heuwels, kuswoude en […]
8 Julie 2020

Seesand en sjampanje: 11 knus kushotelle
Lus vir die loslit-luukse atmosfeer van ’n kushotel? Dink net, binne word jy op die hande gedra deur personeel wat wéét hoe, daar is sjokoladetjies op jou kussing en ’n hotelkroeg met ’n knetterende kaggelvuur, en buite lei ’n houthekkie jou tot op die strand en is daar ’n plekkie om die seesand van jou […]
1 Julie 2020

’n Wildrit by die Garden Route Game Lodge
Op ’n snikhete Januarie-middag wag ek, Schalk en AB, ons ervare veldgids, gretig langs ’n watergat om een van die gevaarlikste diere op aarde op kamera vas te lê ─ ’n seekoei. Ek het nog altyd gewonder waarom die Engelse idioom “it’s just the tip of the iceberg” in Afrikaans nie “dis net die punt […]
24 Junie 2020

Uniondale: Dorp van grassnyers en spookryers
Uniondale het ’n diep waardering vir grassnyers by my aangewakker. Jy het reg gelees, nie vir spoke nie maar vir grassnyers, alhoewel Rico Claassen, toerismebeampte van dié dorpie op die N9 waar Roete 62 en die Tuinroete in ’n pragtige dans van vrugteplase en berge bymekaarkom, my en Hestè meedeel dat 99% van mense wat […]
10 Junie 2020

Reis na gister: Die Albertinia Hotel en ander verhale
Klipmure wat meer as ’n eeu oud is, ’n skatkis vol staaltjies wat daaragter skuil en ’n spyskaart wat by enige toprestaurant kan kers vashou ─ dís wat jy by die Albertinia Hotel kan verwag! Die son trek al water toe ek en Schalk Albertinia binnery. Die dorpstrate is verlate so op ’n Vrydagagtermiddag en […]
3 Junie 2020

20 jaar van die Kgalagadi Oorgrenspark
Die wêreldbekende Kgalagadi Oorgrenspark is ’n trotse deel van Suid-Afrika se erfenis en dié park het op 12 Mei 2020 sy twintigste bestaansjaar gevier! Die Kgalagadi Oorgrenspark, soos dit vandag aan ons bekendstaan, strek oor die boonste deel van die Noord-Kaap in Suid-Afrika en ’n groot deel van Botswana, en bestaan uit twee parke wat […]
27 Mei 2020








