
OPTOG! ’n Handjievol vrae aan Drie van die Bestes
Dié maand reis OPTOG! se kombi’s al die pad vanaf Oudtshoorn na Pretoria en sterre soos Laurika Rauch, Sandra Prinsloo en Koos Kombuis sluit by dié toer aan om gehore te vermaak. Drie van die Bestes vermaak al 21 jaar lank gehore reg oor die land met unieke en energieke vertonings. Mathys Roets, Kevin Leo en Danie Niehaus […]
26 Augustus 2019

8 Troeteldiervriendelike wegbreke in die Oos-Kaap
Jou hond is jou beste vriend en jy kan jou nie indink om sonder Spottie met vakansie te gaan nie. Dis onmoontlik om hom of haar by die huis te los terwyl jy alte lekker op die strand gaan baljaar. Gelukkig hoef jy nie meer skuldig te voel nie ─ LekkeSlaap het ’n lys verblyf-opsies […]
21 Augustus 2019

Hiér skuil Suid-Afrika se blommeprag
Soos gesien op Maroela Media. Die mooiste tyd van die jaar is hier ─ Moeder Natuur ontwaak uit haar jaarlikse sluimering en strooi oranje, geel en rooi blomblare oor veld en vallei. In Augustus en September is dié blomskildery beslis iets om te aanskou, daarom vertel LekkeSlaap graag waar jy vanjaar die vrolikste veldblomme kan […]
19 Augustus 2019

Hermanus: LekkeSlaap se top-wegbreekplekke vir die walvisseisoen
Oudtshoorn mag dalk Suid-Afrika se grootvoëlparadys wees, maar as dit by walviskyk kom, is Hermanus beslis die dorp om in af te saal om te kyk hoe dié seereuse jaarliks in die Atlantiese blou kom baljaar. Vanaf Junie begin die suidelike noorkappers hul verskyning aan Mosambiek se kus maak en van Augustus tot November is […]
14 Augustus 2019

Leer, leef en lekkerte in Swellendam
Ja, die Kaap is fraai, maar was jy al in Swellendam? Ek bedoel nou nie net as ’n vinnige stilhouplek op pad Tuinroete toe nie. Ek praat van daai behóórlike besoek wat Swellendam verdien, want genoeg tyd in dié Overbergse dorp sal jou leer hoe ’n gehaltelewe rêrig lyk. Dis juis omdat ons iets nuut […]
7 Augustus 2019

5 Reuse-voorwerpe vir vreemde foto’s
Reg oor die wêreld is daar eienaardige besienswaardighede te sien, soos die 20 meter hoë robot in Japan, die Groot Aartappel in Nieu-Seeland en die wêreld se grootste dinosourus in Kanada. Vreemde trekpleisters soos dít is ook in Suid-Afrika te sien en LekkeSlaap het op ’n soektog deur die land gegaan om van die vreemdste besienswaardighede […]
31 Julie 2019

OPTOG! Op Jo Black se spoor
Hierdie week is LekkeSlaap op een van die OPTOG!-sterre se spoor: die man met die bekende swart baard! Jo Black en sy orkes toer wyd en syd in sy roomyskleur-kombi en dit lyk nie of dié man gou gaan stilstaan nie! Op 30 Julie skop Jo Black sy Namibië-toer af en daarom doen LekkeSlaap ’n […]
29 Julie 2019

Só bly jy veilig in die sneeu
Hier in sonnige Suid-Afrika is sneeu nasionale nuus. As die hemel haar in haar mooiste wit kabaai kom neerstryk is Suid-Afrikaners dus in die versoeking om die hele gesin op die daad in die motor te boender en die pad te vat. Baie mense dink nie juis verder as dit nie, daarom het LekkeSlaap ’n […]
26 Julie 2019








