
Alle spore lei na Elgin: ’n Naweek in die Appelvallei
Elgin is beslis meer as net “die plek waar die appels vandaan kom”. Alhoewel dié Overbergdorpie bykans 60% van ons land se appels voorsien, is dit die wynlandgoedere in dié streek wat deesdae op almal se lippe is. Die ligging tussen die berge en naby die see gee dié streek die koelste klimaat van al […]
14 November 2018

’n Alternatiewe Somervakansie ─ Breek Weg na dié Bekoorlike Kothuise in die Binneland
Soos gesien op Maroela Media. Die somervakansie kruip nader en dis nóú tyd om jou volgende wegbreek te beplan om te verhoed dat jy vanjaar met Jan Tuisbly se karretjie ry. Ja, ons almal smag na daardie perfekte seevakansie, maar soms raak die strand net té besig. As jy ’n slag behoorlik rustig vakansie wil […]
13 November 2018

Ontdek die Stories Agter dié Interessante Suid-Afrikaanse Plekname
Soos gesien op Maroela Media. Tweebuffelsmeteenskootmorsdoodgeskietfontein en Bovenendvankeelafsnysleegte mag dalk die twee langste plekname in Suid-Afrika wees, maar daar is beslis talle ander algemener en interessante plekke met oorspronklike name in ons mooie land! LekkeSlaap het ’n bietjie gaan kyk waar dié name vandaan kom. Tietiesbaai, Weskus Tietiesbaai is net anderkant Paternoster in die Kaap […]
13 November 2018

’n Naweek in Noordhoek: Plattelandse Plesier in Kaapstad
Net 30 kilometer vanaf die bedrywige Kaapse middestad skuil Noordhoek – ’n idilliese, lowerryke kusbuurt en die rustigheid self. Hiér is die stad se gejaag en verkeer net ’n vae herinnering. Vars lug, ’n plattelandse leefstyl en ’n gesellige klein-dorpie-atmosfeer wag op jou. Stertswaai-brakke wandel doodtevrede aan hulle eienaar se sy en motoriste hou kort-kort […]
7 November 2018

Jeffreysbaai: Son, See, Skulpe en Branderplankry
Jy lê op jou branderplank en roei terwyl jy op daai grote wag … Dan rol die perfekte golf nader en jy voel hoe die adrenalien deur jou are bruis ─ jy spring opgewonde op jou branderplank en ry sielsgelukkig saam met die brander! Jeffreysbaai is sinoniem met branderplankry en dié watersport se entoesiaste kom […]
31 Oktober 2018

LekkeSlaap Loer in by Langkloof Roses
Dis vroeg Vrydagoggend en ons ry na Wellington in die Kaapse Wynlande. Wingerde staan op dié dag windverwaaid met die groot Groenberge in die agtergrond. Skielik verander die teerpad in ’n 2,7 kilometer lange stofpad wat jou een ding laat besef ─ jy het die rumoer van die stad vir die rustige plaaslewe agtergelaat. Langkloof […]
24 Oktober 2018

LekkeVlieg: Welkom aan boord
Het jy al ooit oor ’n vakansiebestemming gedroom wat net ’n bietjie té ver is om heen te ry? Of beplan jy al jare lank aan ’n opwindende wegbreek oorsee? Dan het ons baie goeie nuus: LekkeSlaap stel met trots LekkeVlieg bekend — ’n splinternuwe vlugbesprekingswebtuiste waarop jy nou ook vlugte kan bespreek! Dié webtuiste […]
22 Oktober 2018

Gesinsvriendelike Doendinge by die Gariepdam
Die Gariepdam is die mees sentrale punt in ons mooie land en dus ’n ideale oornagstop op pad na jou volgende bestemming. Met die Oviston Natuurreservaat, Gariepdam Natuurreservaat en volop wild sommer so aan die oewer van die dam, is dié omgewing meer as net ’n oornagstop werd. Die enorme mensgemaakte dam spog met ’n […]
10 Oktober 2018








