
10 Troeteldiervriendelike Blyplekke Beproef deur LekkeSlapers
Sukkel jy alewig om ’n blyplek te kry waar jou vierpotige kind óók welkom is? Het jy al ’n blyplek vir jou en jou troeteldier bespreek wat toe nie heeltemal troeteldiervriendelik was nie? LekkeSlaap weet hoe belangrik ons gaste se troeteldiere vir hulle is en ons help hulle graag om die beste troeteldiervriendelike blyplekke met […]
20 Junie 2018

Winterwegbreek in Winterton: Die Poort tot die Sentraal-Drakensberg
Jy staar droomverlore na die kaggelvuur terwyl die reën buite giet ─ ’n berghut en ski-vakansie in die Alpe sal glad nie te versmaai wees nie … Dis egter nie nodig om Suid-Afrika te verlaat om dié droom te bewaarheid nie omdat ons immers ’n besonderse bergreeks op eie bodem het ─ die Drakensberge! Dié […]
13 Junie 2018

’n Roetereis deur die Suide van Namibië
Eindelose oop vlaktes, lang uitgestrekte grondpaaie, ’n kokerboom elke nou en dan, bekoorlike dorpies en ongerepte natuurskoon… Ons is in die suide van Namibië! Droom jy al lank van ’n vakansie in Namibië of sukkel jy bloot om te besluit waarheen om te mik in hierdie pragtige land? Die suide van Namibië is ’n baie […]
6 Junie 2018

Winter-Wynproe met Peuselhappies in die Stellenboschvallei
Die winter is hier en die dae van op die strand lê moet ons ongelukkig eers uitstel. So, wat kan ’n mens in die Kaap doen wanneer die broodnodige reën op ons neersak? Al is boetiekbier en gin nou lekker gewild, stel ons ’n ou gunsteling voor ─ wynproe in die Stellenboschvallei! Wat dié ervaring […]
30 Mei 2018

Kenton-on-Sea: Diere, Riviere en Strand-Avonture
Jy het seker al van Kenton-on-Sea aan die Sonskynkus gehoor? Dié deel van die Oos-Kaapse kus strek van Port Elizabeth tot Oos-Londen en word só genoem weens die lang sonskyndae. Buiten sonskyn is daar egter baie meer wat Kenton spesiaal maak ─ sy ligging tussen die Boesmans- en Kariegariviermondings bied legio swem-, bootvaart- en ander […]
23 Mei 2018

6 Wonderskone Oos-Kaapse Dorpe wat Wink dié Winter
Dit begin al hoe vroeër donkerder word, die son begin meer en meer agter die wolke skuil, dis soggens omtrent ’n pyniging om onder jou snoesige komberse uit te klim, en dit voel asof jy jare gelede behóórlik vakansie gehou het ─ ja, winter is sterk op pad! Sekere aspekte van dié koue seisoen voel […]
16 Mei 2018

5 Klowe en Kranse vir Kranige Klimmers
Daar skiet ’n koue rilling by jou ruggraat af, jou palms is klam en jou bene is die ene bewerasies. Verstrak staar jy na die mosbegroeide afgrond en glinsterende blou wat skielik baie verder lyk as met die opklimslag. Een oomblik baklei jy nog teen die hoogtevrees wat bly krap-krap aan jou gemoed, en dan, […]
9 Mei 2018

Top-Sterrekykplekke in Suid-Afrika
“Saans as die donker kom daal oor die velde; Saans as die sterre kom loer in die nag; Saans as die sterre soos duisende spelde saggies kom vonkel en glinster na dag: Dan by die kampvuur in eensame drome sit ek en dink aan die dae verby; Dae van liefde en leed, en van drome; Dae […]
2 Mei 2018








