
Pretoria op ‘n Eiland!?
Gauteng is ‘n Sotho woord wat beteken “plek van goud” en die provinsie is sowaar vir ons land goud werd. Maar buiten hierdie rykdom, is Gauteng ook ryk aan naamgenote regoor die wêreld. Chantelle Chantelle is ‘n voorstad van Pretoria in Gauteng. Dit is noordwes van Pretoria geleë. Hierdie plek se naamgenoot is ‘n kommune […]
14 Januarie 2015

By Bushmans Kloof kan julle liefde aan mekaar beloof
Bushmans Kloof is lafenis vir die siel. Hierdie luukse lodge is in die majestueuse Sederberge geleë en die ongerepte natuurskoon met sy ruwe rotse kontrasteer pragtig met die elegante interieur. Dit is die ideale plek vir ‘n wittebrood. Die Sederberge is 500 miljoen jaar oud en was vroeër die tuiste van groot troppe wild en die gelyknamige Sederboom. […]
12 Januarie 2015

12 maniere om jou kroos gelukkig te hou op die langpad
Kom ons wees eerlik: ‘n glimlag op jou kleintjie se gesiggie is die eerste en belangrikste stap om te verseker dat jy ‘n heerlike vakansie kan geniet. Jou klein engeltjie raak baie vinnig nukkerig in die karstoeltjie en dan sit jy met die gebakte pere. So … hier is 12 wenke waarvan jy móét weet […]
12 Januarie 2015

Bierproe vir beginners en bierboewe
Kos- en drankliefhebbers is deesdae in die wolke oor al die plaasmarkte, slow food-feeste, en organiese markte om elke hoek en draai. Waar smulpape tot onlangs nog moes regkom met die skamele verskeidenheid op die rakke van kruidenierswinkels, kan hul deesdae net wag vir Saterdag en ’n draai maak by een van die honderde markies […]
8 Januarie 2015

Ons s’n is die grootSTE!
Van die warmste plek tot die kleinste woestyn ‒ ons het ʼn klompie indrukwekkende feite oor Suid-Afrika se grootste, hoogste, laagste, diepste, koudste en warmste vir jou versamel. Gebruik dié “het jy geweet”-skietgoed om die gesprek ʼn bietjie skop te gee as jy volgende keer saam met vriende of familie om die vuur sit en klets. Die oudste […]
6 Januarie 2015

Local is Lekke
Die Vrystaat se prag lê in die mense se warm harte … sout-van-die-aarde-mense. Vriendelike tannies wat mens heeltyd wil vet voer en ooms wat lekker uit hul bierpense lag. Silhoeëtte van windpompe en klein koppies teen die sonsondergang. Miershope wat mens goed moet dophou terwyl jy kaalvoet perdry. Smullekker biltong wat jy nét hier sal […]
29 Desember 2014

Nét in Suid-Afrika!
Om te sê Suid-Afrika is een van die mooiste lande in die wêreld klink effens afgesaag vir dié van ons wat soggens hier aan die suidpunt van Afrika wakker word (kliek hier as jy nie met hierdie stelling saamstem nie). Ja, ons weet almal van die Drakensberge, die Panorama-roete, die Blyderivier-canyon, God’s Window, die Wildtuin, […]
22 Desember 2014

Lig in die donker … 10 Vuurtorings in Suid-Afrika
Tussen die 15de en die 19de eeu was dit maar vir seevaarders ’n dobbelspel om die Suid-Afrikaanse kus te omseil. Vergeet maar van seemonsters, ander mitologiese gediertes en bygelowe wat seevaarders destyds saam met hulle gedra het. Suid-Afrika se soms brutale skoonheid kon skepe ruk en rol, en ja, dit hét ook! Daar is bykans […]
20 Desember 2014








