
Carnarvon in Kanada!?
Noord-Kaapse naamgenote: dié provinsie lê die hele wêreld vol met naamgenote in die VSA, Skotland en selfs in Kanada! Askham Askham is ‘n vreeslike klein dorpie so 200 km noord van Upington. Die dorpie is ook die tuiste van een van die wêreld se oudste stamme, die !Khomani San. Min mense weet daar is ook […]
3 Desember 2014

Minder as ’n uur en jy is in die natuur
Smag jy soms na vars lug en daardie loom gevoel in jou ledemate wanneer die son die aarde warm bak en die natuur se parfuum uit die bosse en struike loswoel? Na ’n harde werksweek in die beton-oerwoud het ons dikwels nie die energie oor om die langpad te vat nie. Ek het my Google […]
28 November 2014

Duiwels van die bergpad … Bergfietsroetes in Suid-Afrika
Waarskuwing: Die lees van hierdie blog kan lei tot lang afstande op ‘n bergfietssaal in berg- en stofpaaie in die hoekies en draaitjies van Suid-Afrika. Die anatomie van ‘n bergfietsryer kan vergelyk word met iets uit ‘n wetenskapsfiksiefilm: ‘n mens-masjien-ding wat leef om te ontsnap van die moderne teerpaaie en brommasjiene wat sy natuurlike omgewing […]
27 November 2014

Kitskure vir kampkwale
Kamp in die somer stel selde teleur, maar ʼn paar ongenooide gaste sorg wel soms dat ons na ʼn paar dae effens moedeloos raak. Ek het bietjie gaan rondsnuffel om uit te vind hoe jy lastige insekbyte en algemene kampkwale kan klop sonder om op pille en salf staat te maak! 1. Weer muskiete af: Snaaks genoeg […]
26 November 2014

10 wenke vir ‘n omgewingsvriendelike vakansie
Ons as mense het nog altyd die begeerte gehad om die wêreld te verken, maar ons moet dit liefs op ‘n wyse doen wat nie die wêreld vernietig nie. Toerisme is tans die grootste industrie in die wêreld, en as ons die ding reg benader, kan ons dit ook omgewingsvriendelik maak. Hieronder is 10 maniere waarop […]
24 November 2014

10 Vinnige feite oor Kirstenbosch se Boomslang
Besoek jy dié somervakansie die Moederstad? Maak seker dat jy by Kirstenbosch Botaniese Tuine ʼn draai maak om die indrukwekkende Boomslang, ʼn loopbrug wat oor die blaardakke heen strek, te beleef. Ons het 10 vinnige feite oor dié argitektoniese reptiel versamel: 1. Die Boomslang is 130 meter lank. Hoewel dit korter is as wat oorspronklik beplan is, […]
19 November 2014

Top-piekniekplekke in SA
Die winter is nou uiteindelik verby, so dit is tyd om jou piekniekmandjie en -kombers uit die kas te haal en bietjie af te stof. Ons Suid-Afrikaners is so geseën met die pragtige natuurskoon wat ons land vol lê ─ so dit is nou die tyd om bietjie uit die huis uit te kom. Ek […]
19 November 2014

Dink provinsiaal en mik noord … Noordwes!
Dit is op somersoggende wanneer die Noordwes se reuke, reuke van my kinderjare, in my neus kom sit. Die reuk van lang, droë gras wat jou kuite krap net voor dit onder jou voete kraak en die rooi grond wat jou sokkies vlek. Die blou plafon van ‘n somerhemel en die alomteenwoordige rooibruin mure van […]
14 November 2014








