
5 avontuurlike doendinge in Swellendam!
Ek het altyd gedink Swellendam is net nog ‘n dutjiesdorp – een wat slegs een maal ‘n jaar ontwaak vir die Bessiefees, en dan tydens die spitsseisoen skaars ‘n ooglid verroer soos vakansiegangers verbyskiet van Kaapstad na die Tuinroete. Maar ek is in die ongelyk gestel! Hoewel die alledaagse lewe in só klein dorpie natuurlik […]
6 Augustus 2014

Waarheen? Soweto toe!
Soweto township in Johannesburg, Gauteng is een van die gewildste en bekendste toeriste-aantreklikhede in Suid-Afrika. Hierdie township lyk dalk nie na veel van buite af nie, maar die sterk gemeenskapsgevoel en bekoring maak op vir die gebrek aan geld en infrastruktuur. Die township het tot stand gekom toe die regering swart-, bruin- en Maleiersburgers hervestig het. […]
28 Julie 2014

10 Lekke karspeletjies
Die kar is propvol gelaai. Julle het skaars ‘n halfuur gery en die klagtes van verveeldheid begin. Gelukkig het julle nog net ‘n paar hónderd kilometer om te gaan … Daar is talle toestelle wat deesdae vermaak in die kar kan verskaf, maar niks is so lekke soos ‘n paar karspeletjies om die langpad sommer […]
24 Julie 2014

10 bekoorlike koffiewinkels in Kaapstad
Die winter het sy koue kloue die afgelope paar weke behoorlik in Kaapstad ingeslaan. Hierdie tyd van die jaar verruil Kapenaars sonbaaisessies en mengeldrankies op die strand vir ontwerperskoffie en soetgebak in kunstige koffiewinkels. LekkeSlaap het die beste koffie in Kaapstad vir jou opgespoor. 1. Rosetta Roastery, Woodstock Rosetta Roastery is dié koffiewinkel in Woodstock se […]
15 Julie 2014

Once in Cape Town, ʼn vars briesie diep in Kloofstraat
Moderne, bekostigbare én veilige verblyf in die hartjie van Kaapstad? Dit klink soos een van daai stories wat jou ouers nie wíl glo nie en jou vriende nie kán glo nie. Sit ontbyt by die deal, en jy’s een stappie nader aan jou volgende botox-uitstappie. Die kreatiewes in Kaapstad is ‘n spesie wat gemaak is om […]
10 Julie 2014

Besoek Frankryk in Franschhoek, Wes-Kaap
Franschhoek se groen wingerde, kranskopberge, fynproewerskos en ouwêreldse bekoring maak hierdie dorpie ‘n ewebeeld van Provence. Die mense wat weet verwys nie verniet na Franschhoek as die kos- en wynhoofstad van Suid-Afrika nie! As Frankryk jou hart vinniger laat klop en jy wil weet waarheen om te gaan wanneer jy hierdie stukkie paradis in Suid-Afrika […]
25 Junie 2014

ʼn Tikkie Italië in Suid-Afrika
Italië se geurige pizzas, verruklike argitektuur en passievolle inwoners plaas dit bo aan die meeste mense se emmerskoplysies. Ongelukkig is dit net ‘n bietjie te ver om sommer net oor Afrika te rits vir ‘n vinnige insalata caprese (caprese-slaai). Dit is hoekom ons outentieke stukkies Italië net hier in die sonnige Suid-Afrika vir jou opgespoor […]
5 Mei 2014

Piekenierskloof Mountain Lodge, Citrusdal
Oor ‘n plattelandse bestaan kan jy my min vertel. As kind het ek in Tuinstraat, ‘n doodloopstraat in Klawer, gewoon. Toe was daar nog nie ‘n Wimpy langs die dorp nie (en ‘n kuierplek is daar nou nog nie). Terwyl ek en my tweelingsuster se fiets veilig op die bure se onomheinde grasperk gelê het, […]
16 April 2014








