
Troef jou moegheid só!
Verbeel jou ‘n plek waar geen motors verbyjaag en spoedvrate die verkeersligte ignoreer nie, ‘n plek sonder spitsverkeer en die geraas van swaar voertuie op ‘n besige pad. Hierdie plek bestaan, en jy hoef nie ure te ry, land-uit te vlieg, of op ‘n eiland te gaan kuier om dit ten volle te ervaar nie! […]
20 Februarie 2014

One&Only CapeTown
Verloor jou hart hierdie Valentynsmaand by die One&Only Cape Town! Lekkeslaap krul van opwinding en ons kan nie méér in ons noppies wees nie. Dis mos wat die liefde aan jou doen … Lekkeslaap het ‘dié een’ gevind: die One&Only Cape Town is stedelik-sjiek, wêreldwys en het ‘n hele rits internasionale toekenings onder die belt […]
6 Februarie 2014

Moeg? Wat van Baruch?
Die LekkeSlaap-span het onlangs by Baruch Gastehuis gaan inloer, ‘n gastehuis met baie interessanthede en stories! Baruch, ‘n Hebreeuse woord wat “seëning” beteken, is die geesteskind van Natalie Scheepers van Stellenbosch wat drie jaar gelede haar huishulp, Rosie, se potensiaal raakgesien het as ywerige bestuurder en huishoudster. ‘n Jaar later is ‘n ou huis omskep […]
17 Januarie 2014

Word ’n kreatiewe kampkoning met dié lekke wenke …
Die somer is hier en dit beteken dis weer kamp-seisoen. Soos die kwik-vlakke styg vaar meer en meer mense die natuur binne. Oop vlaktes reg oor die land word skielik versier met kleurvolle tente wat soos miershope dimensie aan die landskap gee en binne-kuiers word vinnig verruil vir buite-kuiers en baljaar. Ons het al gekyk […]
16 Oktober 2013

Ek en my meisie bly in ’n … huisie?
As dié liriek van wyle Worsie Visser nie ‘n huppel in jou stap sit nie, het dit miskien tyd geword dat jy die pad vat en rustig raak, weg van die stad se lawaai en alewige gebrom van karre op hoofpaaie en groepe mense in klein kantoortjies. Ons LekkeSlaap-span het lekke verblyf-opsies gaan soek wat […]
9 Oktober 2013

Ontdek jou blou bloed!
Eers het Charlize Theron ons laat wens ons kan ‘n goue beeldjie (eerder as nog ‘n koeksister) vashou, toe het Charlene Wittstock se liefde vir Prins Albert van Monaco ons na sprokiesverhale laat hunker. Maar vandag vergeet ons vir een oomblik van die media se lawaai oor die bekroondes, bekendes en glanspersone wat baie paddas […]
2 Oktober 2013

4 Gesondheidswenke vir die langpad
Moenie van jou gesonde leefstylgewoontes vergeet as jy die langpad aanpak nie. Ongesonde voedselkeuses sal jou uitgeput, moeg en opgeblaas laat voel nog voordat jy die ontbyttafel bygekom het. Hier is vier gesondheidswenke vir die langpad wat jou jeans losser sal laat sit sonder dat dit jou sak ruk: 1. Stop by die plekke met […]
27 September 2013

Twee troeteldiervriendelike plekke in Hondeklipbaai
Die jaar is oor die hond se stert, en dit het uiteindelik tyd geword om ‘n Desember-wegbreek te beplan. Ongelukkig is dit ook ‘n stresvolle tyd van die jaar, want by die werk is dit bedrywig, met die geldsake gaan dit beroerd en dit voel meteens, seker omdat jy moeg is, of jy vir alles […]
20 September 2013








