
Ontdek die Mooi van Matjiesvlei
As jy al in die Karoo gekuier het, weet jy as hy eers vatplek aan jou kry, laat hy nie sommer gaan nie. Dié geweste het diep in Jan en Marietjie, die eienaars van Matjiesvlei Cottages, se harte gekruip en daarom het hulle ’n lekker vakansieplek vir familie en vriende hiér begin soek. Hulle kom […]
4 Julie 2018

Namibië: ’n Wittebrood in die Land van Sonlig en Sterre
Son, sterre, see en sand ─ dis die vier wonders van Namibië. LekkeSlaap kombineer dié asemrowende Namibiese verskynsels om ’n onvergeetlike wittebrood te verseker. Kom luister na die gedruis van turkooisblou branders wat liggies die voete van die Namibwoestyn se sandduine streel en klink ’n glasie op jou en jou geliefde se toekoms onder ’n […]
2 Julie 2018

Sardienloop aan die Suidkus
Soos gesien op Maroela Media Die kus word weer wild, want die sardienloop is hier! Dié jaarlikse natuurverskynsel laat ons elke keer in vervoering en vanjaar gaan geensins anders wees nie. Dis egter in ’n oogwink verby, so jy sal moet spring as jy dié besonderse gebeurtenis onder oë wil kry! Daarom vertel LekkeSlaap jou […]
27 Junie 2018

Mandela-dag: Meer as net Museums, Monumente en 67 Minute
Internasionale Mandela-dag is om die draai en LekkeSlaap nooi jou om op 18 Julie nét 67 minute van jou tyd af te staan ter herdenking van Nelson Mandela se 67 jaar lange stryd om geregtigheid. Dié 67 minute fokus veral daarop om armoede te verlig (#actionagainstpoverty) en om wêreldwye verandering te bewerkstellig. Vanjaar se Mandela-dag […]
27 Junie 2018

10 Troeteldiervriendelike Blyplekke Beproef deur LekkeSlapers
Sukkel jy alewig om ’n blyplek te kry waar jou vierpotige kind óók welkom is? Het jy al ’n blyplek vir jou en jou troeteldier bespreek wat toe nie heeltemal troeteldiervriendelik was nie? LekkeSlaap weet hoe belangrik ons gaste se troeteldiere vir hulle is en ons help hulle graag om die beste troeteldiervriendelike blyplekke met […]
20 Junie 2018

Winterwegbreek in Winterton: Die Poort tot die Sentraal-Drakensberg
Jy staar droomverlore na die kaggelvuur terwyl die reën buite giet ─ ’n berghut en ski-vakansie in die Alpe sal glad nie te versmaai wees nie … Dis egter nie nodig om Suid-Afrika te verlaat om dié droom te bewaarheid nie omdat ons immers ’n besonderse bergreeks op eie bodem het ─ die Drakensberge! Dié […]
13 Junie 2018

’n Roetereis deur die Suide van Namibië
Eindelose oop vlaktes, lang uitgestrekte grondpaaie, ’n kokerboom elke nou en dan, bekoorlike dorpies en ongerepte natuurskoon… Ons is in die suide van Namibië! Droom jy al lank van ’n vakansie in Namibië of sukkel jy bloot om te besluit waarheen om te mik in hierdie pragtige land? Die suide van Namibië is ’n baie […]
6 Junie 2018

Winter-Wynproe met Peuselhappies in die Stellenboschvallei
Die winter is hier en die dae van op die strand lê moet ons ongelukkig eers uitstel. So, wat kan ’n mens in die Kaap doen wanneer die broodnodige reën op ons neersak? Al is boetiekbier en gin nou lekker gewild, stel ons ’n ou gunsteling voor ─ wynproe in die Stellenboschvallei! Wat dié ervaring […]
30 Mei 2018








