
Skaar jou by De Aar
De Aar is ʼn rare dorp wat sy bestaan te danke het aan die belangrike spoorwegaansluiting wat hier geleë is (anders as die meeste Karoodorpe wat om ʼn kerk tot stand gekom het). Daar is meer as 100 km se spoorweë in en om De Aar, maar die treinverkeer het baie afgeneem. Hoewel die dae van stoomlokomotiewe vervloë is […]
28 Mei 2015

Net in McGregor!
Net hiér sal jy sien hoe ʼn inwoner met sy koei gaan wandel. Net hiér word byna als plaaslik geproduseer (behalwe sjokolade!). Net hiér het elke liewe inwoner een of ander versteekte, unieke talent. Net hiér is daar meer honde as mense by die plaaslike markie op ‘n Saterdagoggend. En net hiér sal jy wegstap […]
26 Mei 2015

LekkeSlaap se mooiste lêplekkies
LekkeSlaap se webtuiste is vol pragtige plekkies waar jy kan wegbreek, ontspan of op ’n avontuur gaan. Almal kort ’n heerlike nagrus na ’n bedrywige dag van vakansie hou, so ek het ’n paar van dié lekke lêplekkies met die mooiste beddens gaan soek waar jy beslis sal kan lekke slaap. Kliek gerus op die […]
23 Mei 2015

Stadsjapies … gaan plaas toe!
Vasgevang in die beton-oerwoud? Verruil jou hoëhakskoene of bruin leerskoene vir ʼn paar waterstewels of plakkies en kom baljaar by een van die pragtige, plattelandse plaashuise wat ons dié week aan jou bekendstel. Miskien wonder jy dalk of jy genoeg murg in jou pype het vir ʼn vakansie op ʼn werkende melk-, volstruis- of skaapplaas … Raai wat!? […]
21 Mei 2015

Die lewe is ’n fees!
Dis ‘n fees van kleure en klank, dis ‘n fees van oorvloed en d(r)ank, dis ‘n fees waar dit bewe van gees en lewe! Skud jou vere reg vir die jaarlikse Klipkoppie Fees in Alberton van 29 tot 31 Mei 2015. Die stof gaan staan op Forestraat se feesgronde wanneer duisende feesvoete die gronde besoek, […]
19 Mei 2015

Jou wittebroodavontuur begin hiér …
Tussen die berge van die ongerepte Oos-Vrystaatse hooglande skuil ʼn juweel waar vyfsterverblyf en ‘n asemrowende landskap saamspan om jou droom-wittebrood te bewaarheid. Wild Horses Lodge is ʼn wegbreekplek in die Noordelike Drakensberg waar beide gemak en avontuur gewaarborg word. Dit bied ook ietsie meer vir die wittebroodpaar wat nie net die gewone ou bed […]
15 Mei 2015

Hiér baljaar die walvisse!
Elke jaar tussen Julie en November besoek die reuse van die see ons pragtige kus. Honderde bultrugwalvisse en suidelike noordkapperwalvisse kom paar, kalf en baljaar langs ons kus, en as jy die regte gastehuis bespreek kan jy sommer op jou bed lê en die skouspel gadeslaan! Ek het 8 lekke plekke geïdentifiseer waar jy met […]
13 Mei 2015

5 Redes hoekom jy Clarens MOET besoek
Clarens is regdeur die jaar die ideale wegbreekplek, maar die bloeiselstrate in die lente en die verkleurde vaderlandspopuliere in die herfs maak dié seisoene ideaal vir foto-toere. Dié boomryke dorpie is maar net 3 ure se ry van Johannesburg en Bloemfontein af, so as die stadslewe jou onderkry, weet jy waarheen om te mik. Clarens […]
11 Mei 2015








